Ingesluit by Feesmark-kaartjie, donasies welkom

Afrikaans • Gesin (OB) • 20 min.

Feesmark

Datum(s)

Blitsteater

MET verskeie kunstenaars

Maak reg vir iets kort en kragtig! Die KKNK se Blitsteater bied 20-minuut-teater-ietse vir almal – van die kultuur-fynproewer wat doodeenvoudig nie kan uithou tot die volgende vertoning nie tot diegene waarvoor teater dalk iets onbekend is. Gryp ’n blitsvinnige happie van die talent-peuselbord, of staan ’n dag daaraan af as jy dit verkies. Blitsteater bring agt blitsvertonings na die Klein Karoo in ’n kraakvars formaat. Geniet ’n handjievol konseptuele werk, geskep deur bekende name in die teaterbedryf, asook opkomende kunstenaars wat pas weggespring het en wie se kreatiwiteit jou werklik gaan honger maak vir iets ekstra. Dis vinnig, dis vars en dis wegneem-teater op sy beste! 

Maar wag, daar’s meer! Wil jy bietjie ’n wilde perd opsaal? Kom steek jou hand in ons Lucky Pakkie, elke dag 13:00. Die inhoud is hoogs geheim – nes die lucky packets waarmee jy grootgeword het. Elke dag se Lucky Pakkie beloof ’n nuwe ietsie wat jy beslis nie wil misloop nie. 

Lus vir iets anders?

Die grond onthou

Hierdie performance-installasie verken die kunstenaar se diep verbintenis met die natuur, grond en aarde. Deur...

Vyf minute voor middernag

Soms as dit by verhoudings kom, vertel ’n mens eintlik maar net verskillende weergawes van...

My hart klop soos ’n cursor

Liefdesgedigte kry nuwe lewe wanneer die digter se hart hoorbaar en sigbaar voor mense begin...

Beste van alle tye

’n Musikale sketskomedie met ’n kinkel. Moenie tevrede wees met die alledaagse wanneer jy kan...

AF