{"id":2255,"date":"2024-12-22T09:03:13","date_gmt":"2024-12-22T09:03:13","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=2255"},"modified":"2025-01-20T21:43:15","modified_gmt":"2025-01-20T21:43:15","slug":"john-theodore-diens-aan-die-kunste","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/nuus\/john-theodore-diens-aan-die-kunste\/","title":{"rendered":"John Theodore \u2013 Diens aan die kunste"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">John Theodore is \u2019n Oudtshoorniet in murg en been. Sy eerste musiekles was by die Holy Cross Convent op Oudtshoorn en nou, dekades later, kan hy terugkyk op \u2019n luisterryke loopbaan as pianis, leermeester en mentor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">John het n\u00e1 matriek in 1973 musiek aan die Universiteit van Kaapstad gaan studeer. Dit was in \u2019n tyd waarin hy&nbsp; weens apartheid spesiale vergunning moes kry om by di\u00e9 universiteit te studeer, maar dit het hom nie gekeer om \u2019n meestersgraad te behaal nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy was die ontvanger van verskeie pryse, het in sy loopbaan op verskeie beoordelaarspanele gedien en was ook \u2019n eksaminator by Unisa. Jong talent het groot hoogtes onder sy leiding bereik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMy pa het in langarmmusiek-orkeste gespeel, maar het nooit formele musiekopleiding gehad nie,\u201d vertel John. \u201cEk en my drie broers was almal musikaal. Dit was ook saam met my broer Clive wat ek in 2003 my eerste KKNK as feesganger bygewoon het. In 2004 is ek gevra om plaaslike sangers vir die opvoering van <em>Die Messias: Die Jirre se Seun<\/em> te kry. Deur die jare het ek die fees sien groter en groter word en ons kon dit op die strate voel. Met die koms van Klein Karoo Klassique, wat in 2025 vir die 16de keer gehou word, het die fees \u2019n werklike tuiste vir klassieke musiek gekry. Dis goed om te sien hoe kreatiewe skeppings groei.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">John s\u00ea hy is van nature nie gemaklik met die kollig op hom nie, maar is tog dankbaar vir \u2019n eerbewys soos di\u00e9 van die KKNK. \u201cEk het nog altyd alles met eerlikheid, opregtheid en lojaliteit gedoen sonder om erkenning en eer te verwag. Ek hoop hierdie eerbewys sal as aansporing vir veral my gemeenskap dien.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat sien hy as sy grootste bydrae tot die kunste?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDat ek \u2019n baanbreker was en ook \u2019n rolmodel. Ek het myself nooit as \u2019n rolmodel gesien nie, maar toe het iemand my daarop gewys dat prof. Franklin Larey, die Suid-Afrikaanse pianis wat in die buiteland klas gee, my as \u2019n rolmodel sien. Ek is ook \u2019n geleentheidskepper. Van my tyd in die onderwys tot hoe ek by die KKNK kon help om leerlinge en kore te laat optree.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En sy droom vir die KKNK?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDat dit volhoubaar sal bly, dat deelname uit die buiteland sal groei en dat die gemeenskap daarby sal baat.\u201d<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>John Theodore is \u2019n Oudtshoorniet in murg en been. Sy eerste musiekles was by die Holy Cross Convent op Oudtshoorn en nou, dekades later, kan hy terugkyk op \u2019n luisterryke loopbaan as pianis, leermeester en mentor.<\/p>","protected":false},"featured_media":2119,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[107],"class_list":["post-2255","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","tag-vereerdes"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2255","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2255\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2345,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2255\/revisions\/2345"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2119"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2255"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2255"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}