{"id":2257,"date":"2024-12-22T09:04:21","date_gmt":"2024-12-22T09:04:21","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=2257"},"modified":"2025-01-02T14:10:15","modified_gmt":"2025-01-02T14:10:15","slug":"lee-ann-van-rooi-kruispunt","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/nuus\/lee-ann-van-rooi-kruispunt\/","title":{"rendered":"Lee-Ann van Rooi \u2013 Kruispunt"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Van die begin van haar loopbaan, het Lee-Ann van Rooi nog nooit weggeskram van enigiets nie. Nie uitdagings, grense of haar rol as aktrise en mentor nie. Met verskeie toekennings op haar kerfstok, rus sy nie op haar louere nie. Sy w\u00e9rk. Haar fokus en dit wat sy doen word altyd aangepak met \u2019n groter visie om \u2019n bydrae tot nasiebou in Suid-Afrika te lewer. Sy neem jong spelers en skrywers onder haar vlerk en help om die storieskatkis van die land uit te bou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lee-Ann het drama aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Sy het uitgeblink op die verhoog in produksies soos <em>Bidsprinkaan<\/em>, <em>Rondomskrik<\/em>, <em>The Woman Who Fed the Dogs<\/em> and <em>Kinnes<\/em>, op TV in reekse soos <em>Sarah se geheim<\/em>, <em>Skemergrond<\/em> and <em>Die boekklub<\/em> en op die silwerdoek in onder meer <em>Frankie &amp; Felip\u00e9<\/em>, <em>Die tragiese geval van Pamiena Vermaak<\/em> and <em>Noem my Skollie<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy sien die KKNK as \u2019n plek waar sy in kreatiwiteit kan staan. \u201cEk is dankbaar dat my stem gehoor word en dat mense na my werk kom kyk. 2018 is \u2019n jaar wat ek altyd sal onthou. Ek was in <em>Kinnes<\/em> asook <em>Ons is almal freaks hier<\/em>. Dit was al twee nuwe produksies en om dit te kan doen, was ongelooflik. Dit was ook my debuut as regisseur met die stuk <em>Rokkie<\/em> en daar was een vertoning by die KKNK waar die krag afgegaan het, maar Charlton George het net aanhou speel. Mense het hulle selfone uitgehaal om lig op die verhoog te gooi en die show het net aangegaan. Ook die afgelope tyd toe ek regisseur was van <em>Die halwe huis<\/em> deur Ricardo Arendse, \u2019n boorling van Oudtshoorn, en soveel mense van die dorp die stuk kom kyk het. Ons het dit later teruggeneem Oudtshoorn toe, met die ondersteuning van die KKNK, en dit was volgepak. Mense het kilometers gestap om dit te kom kyk. Dit het net weer aan my bewys hoe belangrik dit is om stories te vertel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy s\u00ea haar droom vir die KKNK is dat dit vir altyd daar sal wees. \u201cNie net vir ons as kunstenaars nie, maar ook vir al die mense van die dorp en streek want almal het stories en die fees nodig.\u201d Die Kruispunt-toekenning is vir haar \u2019n bewys dat sy op die regte pad is. \u201cMens moet altyd die ego uit die pad neem en daar wees om die storie te vertel,\u201d s\u00ea sy. \u201cEk is dankbaar dat dit raakgesien word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy is in die regisseurstoel van Marianne Thamm se debuutdrama, \u201c<a href=\"\/en\/toneel\/sonde-met-die-spoke\/\">Sonde met die spoke<\/a>\u201d.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van die begin van haar loopbaan, het Lee-Ann van Rooi nog nooit weggeskram van enigiets nie. Nie uitdagings, grense of haar rol as aktrise en mentor nie. <\/p>","protected":false},"featured_media":2095,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[107],"class_list":["post-2257","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","tag-vereerdes"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2257","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2257\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2301,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2257\/revisions\/2301"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2095"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2257"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2257"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}