{"id":2831,"date":"2025-03-19T04:15:16","date_gmt":"2025-03-19T04:15:16","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=2831"},"modified":"2025-03-19T04:15:16","modified_gmt":"2025-03-19T04:15:16","slug":"kknk-skep-werk-en-vier-diversiteit","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/nuus\/kknk-skep-werk-en-vier-diversiteit\/","title":{"rendered":"KKNK skep werk en vier diversiteit"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons het in vele opsigte as \u2019n nuwe land uit 2024 se algemene verkiesing getree. \u2019n Nuwe regering van nasionale eenheid (RNE) is uit die stembus gebore en daarmee saam het \u2019n hernude gevoel van hoop en optimisme gekom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons is natuurlik vertroud met koalisiepolitiek. In 1994 het ons \u2019n RNE gebruik om ons weg na \u2019n demokrasie te baan. Wat hierdie RNE onderskei van die een wat ons deur die vroe\u00eb jare van demokrasie gelei het, is \u2019n nuwe waardering vir ons diversiteit, sowel as \u2019n dwingende behoefte om die uitdagings waarmee ons in die 21ste eeu te kampe het op \u2019n doeltreffende manier te takel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al hierdie veranderinge voel soms oorweldigend. Ons moet aanvaar dat ons moet aanpas, saamwerk en harder as ooit vantevore moet werk om ons ekonomie te laat groei sodat nog vele werksgeleenthede geskep word. Dit is om di\u00e9 rede dat ons as die Wes-Kaapse regering die KKNK waardeer: Nie net vir die fees se bydrae tot die kunste nie, maar ook vir alles wat die KKNK vir die ekonomie van die provinsie doen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die RNE weerspie\u00ebl die dinamika van \u2019n nasie van inwoners wat hul kultuur koester en verandering tot voordeel van Suid-Afrika wil sien. En net soos ons hierdie RNE inspan om Suid-Afrika na nuwe hoogtes te neem, en terwyl ons vertroud raak met hierdie veranderde politieke landskap, kan ons steeds toevlug vind in ons diversiteit en erfenis, wat \u2019n stem gee aan nasionale geleenthede soos die KKNK \u2013 \u2019n geliefde gebeurtenis in ons provinsie en deel van die land se kulturele samestelling.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Aan die organiseerders van die KKNK, ek wens julle alles van die beste toe vir die 2025-weergawe van hierdie kulturele en kunste-extravaganza. Aan die kunstenaars, skrywers en opvoerders, baie dankie vir alles wat julle doen om die land se gedeelde kultuur te laat floreer en lewendig te hou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Alan Winde<\/strong><br><strong>Premier: Wes-Kaapse regering<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons het in vele opsigte as \u2019n nuwe land uit 2024 se algemene verkiesing getree. \u2019n Nuwe regering van nasionale eenheid (RNE) is uit die stembus gebore en daarmee saam het \u2019n hernude gevoel van hoop en optimisme gekom.<\/p>","protected":false},"featured_media":2832,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[],"class_list":["post-2831","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2831","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2831\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2833,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2831\/revisions\/2833"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2832"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2831"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2831"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}