{"id":2838,"date":"2025-03-23T05:39:40","date_gmt":"2025-03-23T05:39:40","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/?post_type=nuus&#038;p=2838"},"modified":"2025-03-23T05:39:40","modified_gmt":"2025-03-23T05:39:40","slug":"iets-vir-almal-tussen-al-die-ietse","status":"publish","type":"nuus","link":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/nuus\/iets-vir-almal-tussen-al-die-ietse\/","title":{"rendered":"Iets vir almal tussen al die ietse"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is met groot trots en opgewondenheid dat ek al die inwoners, besoekers en kunsteliefhebbers welkom heet by die jaarlikse KKNK \u2013 \u2019n viering van ons unieke kulturele rykdom en kreatiwiteit. Die tema vanjaar, \u201cAl die ietse\u201d, herinner ons dat daar in elke klein bietjie iets groter skuil \u2013 of dit nou \u2019n bietjie inspirasie, \u2019n stukkie hoop, of \u2019n druppel kreatiwiteit is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier in die Klein Karoo glo ons dat elke klein iets tot iets groots kan lei, en kyk net hoe groot het die KKNK oor die jare geword.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek nooi een en elk van julle om \u201cal die ietse\u201d in die klein dinge raak te sien \u2013 om nie net die groot en klein skilderye te bewonder nie, om nie net die groot en klein verhoogproduksies te geniet nie, maar ook die diep gesprekke oor koffie of \u2019n drankie, en om \u2019n peuseldingetjie te geniet in een van die vele tente.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soos die tema s\u00ea: Kom ons vind waarde in \u201cal die ietse\u201d. Ek nooi elke besoeker om hierdie jaar se fees met oop o\u00eb en harte te beleef. Mag jy ge\u00efnspireer word deur die skoonheid van die kunste, die gasvryheid van ons mense, en die wonder van ons unieke Klein Karoo.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Laat ons feesvier met dankbaarheid vir die ietse wat ons saambring en die alles wat ons saam skep.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Raadsheer Johan Allers <br>Uitvoerende burgemeester: Groter Oudtshoorn<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is met groot trots en opgewondenheid dat ek al die inwoners, besoekers en kunsteliefhebbers welkom heet by die jaarlikse KKNK \u2013 \u2019n viering van ons unieke kulturele rykdom en kreatiwiteit. <\/p>","protected":false},"featured_media":2839,"parent":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false},"tags":[],"class_list":["post-2838","nuus","type-nuus","status-publish","has-post-thumbnail","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2838","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus"}],"about":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/nuus"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2838\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":2840,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/nuus\/2838\/revisions\/2840"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/2839"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=2838"}],"wp:term":[{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/kknk2025.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=2838"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}