“Semigrasie is ’n lekker probleem om te hê,” het Alan Winde, Wes-Kaapse premier, al gesê oor die massas mense wat uit die binneland trek en hulle in die Kaap kom vestig. Dit skep egter ook uitdagings soos druk op infrastruktuur en toenemende werkloosheid, en dit is Winde se taak om die Wes-Kaap te laat werk. Werk die provinsie vir almal? En hoe kan die suksesse na ander dele van die land oorgedra word?