Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

6 April 2025, 10:30

Meesterskrywers: Antjie Krog en Wilma Stockenström

MET Louise Viljoen en Ronel Foster GESPREKSLEIER Karen de Wet

Vyf en vyftig jaar gelede, in 1970, debuteer twee digters wie se bundels opslae maak. Voorlopers en baanbrekers van hul generasie. Die ouderdomsverskil tussen hulle is byna twintig jaar: Wilma Stockenström (geb. 1933) en Antjie Krog (geb. 1952). Albei skrywers publiseer in verskillende genres en verander die wêreld van die Afrikaanse literatuur. Albei het meermale die prestigeryke Hertzogprys verower. Nou is daar twee splinternuwe boeke oor hierdie twee formidabele skrywers. Karen de Wet gesels met die twee redakteurs van die boeke – met Louise Viljoen oor Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe en met Ronel Foster oor Wilma Stockenström: Met my wysvingertop. Die boeke is deel van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners.

Die feeskunstenaar, Henk Serfontein, se uitstalling, Die stomme aarde, is geïnspireer deur die ekopoësie en klipgedigte van Stockenström. Kom gesels saam oor dié gedugte twee vroue se werk en die insigte oor hulle in die boeke.

Lus vir iets anders?

Sonde met die verlede: Die geskiedenis en aktuele politiek as vermaak en herbesinning

Marianne Thamm, diepte-joernalis en komediant, bring ’n feitelike maar komiese betragting op C.J. Langenhoven in...

Om die tafel: Die hartklop van die huis

Kom geniet ’n lipleklekker middagete saam met kulinêre voorligter en smaakmaker Elmarie Berry, skrywer van...

John Steenhuisen praat oor hoe Suid-Afrika saam vooruit moet boer

Suid-Afrikaners het lekker gelag vir die memes met die DA-leier, John (Deere) Steenhuisen, toe hy...

Mites, misverstande en moontlikhede van die Suid-Afrikaanse teaterbedryf

Kabous Meiring en Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi, lei ’n gesprek met fees- en...

AF