
’n KKNK-projek, ondersteun deur die NLC, Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds, en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport. In samewerking met die Goethe-Institut South Africa as deel van die Goethe-Institut Project Space (GPS).
MET kernspan van Tiffany Saterdaght, Theo (Oom Japsnoet) Witbooi, Colin Meyer, Melikhaya Blou, Charissa Essau, Jermaine Bruintjies, Chantell Phillipus, Zietske Saaiman, Shandré Harris, Ferron Booysen en inwoners van Oudtshoorn FASILITEERDERS Neil Coppen en Vaughn Sadie
Multidissiplinêre gemeenskapsprogram
Karoo Kaarte: ’n Innoverende program wat lewe aan Oudtshoorn se stories gee
Die KKNK se Karoo Kaarte-projek bied sedert 2021 ’n platform wat die ryk kultuur en geskiedenis van Oudtshoorn op ’n unieke manier vier. Hierdie baanbrekende, multidissiplinêre kunsteprojek bring gemeenskappe byeen om die dorp se uiteenlopende erfenis en die mense wat dit verteenwoordig met opregte passie en energie uit te beeld.
In Oudtshoorn beteken “kaarte sny” om stories – soms ernstig, soms ligsinnig – met mekaar te deel. Die naam Karoo Kaarte vang hierdie unieke taal- en kultuurtradisie in die streek vas.
Reeds bekroon met verskeie pryse, fokus dié projek daarop om Oudtshoorn se stories na die voorgrond te bring, veral dié wat nog nooit vantevore vertel is nie. Deelnemers dra by tot ’n lewende argief wat hul persoonlike ruimtes, kinderherinneringe en die besonderse kennis van die Klein Karoo vasvang. Sodoende skep hulle ’n verhoog waar plaaslike talent kan skitter en wat Oudtshoorn in die nasionale kollig plaas.
Deur teater en visuele kuns as kreatiewe mediums te gebruik, stel Karoo Kaarte ’n program saam wat, na aanleiding van sorgvuldige navorsing en argivering, feesgangers oor die afgelope drie feeste (2022 tot 2024) by die KKNK aangegryp en geïnspireer het met drome en herinneringe.
“Karoo Kaarte is een van die KKNK se droomprojekte en groei jaarliks in iets meer indrukwekkend as toe dit aanvanklik begin het,” sê Diane de Beer, gerekende resensent.
Karoo Kaarte is reeds talle kere bekroon, onder meer met die BASA IDC Community Development-prys (2023), die Wes-Kaapse kuns-en-kultuur-prys vir mees innoverende kunstefees (2023) en die KKNK Herrie-prys vir innovasie of grensverskuiwende werk (2023 en 2022). Karoo Kaarte is benoem vir vier Pendorings (2023) en dié projek se teaterproduksies, Die Swartmerrie (2024), Droomkraan Kronieke (2023) en Op hierie dag (2022), is vir meer as tien KKNK Kannas en vyf kykNET Fiëstas benoem en het drie kykNET Fiëstas verower. Die ensemble van Droomkraan Kronieke is met die Woordtrofee vir beste ensemble by die Toyota US Woordfees in 2023 bekroon.
Met behulp van Oudtshoorn-inwoners, onder wie kunstenaars, digters, skrywers, inheemse kennisdraers, musikante, leerlinge, onderwysers en aktiviste, bied Karoo Kaarte ’n vars blik op die dorp se geskiedenis en gemeenskappe. Dié program word in 2025 vir die vierde jaar as deel van die KKNK aangebied en brei jaarliks uit oor die dorp heen om so nuwe perspektiewe aan te bied.
Karoo Kaarte bied in 2025 ’n besonderse program aan, wat die terugkeer van 2024 se bekroonde plekspesifieke drama, Die Swartmerrie, insluit. Inspirerende staptoere met behulp van die Karoo Kaarte-app word aangebied, terwyl ’n tweede grafiese roman, Queen, as opvolg tot 2024 se Domino Gents, uitgegee word.
En dis nie al nie!
In samewerking met die Distrik Ses-museum en die GALA Queer Archive bring Karoo Kaarte ook ’n dinamiese program na die KKNK, geïnspireer deur die uitstalling Kewpie: Daughter of District Six, saamgestel uit die fotoargief. Hierdie samewerking fokus op queer-geskiedenis, -identiteit en -kultuur. ’n Optrede, ’n kunsuitstalling en ’n spesiale zine wat in hierdie baanbrekende vennootskap geskep is, word aangebied as deel van die merkwaardige program.
“Karoo Kaarte is een van die KKNK se droomprojekte en groei jaarliks in iets meer indrukwekkend as toe dit aanvanklik begin het. Hoe kan so ’n projek nie wen as dit die onontwikkelde kunstalent van die voorheen benadeelde ontwikkel, deur ’n program te implementeer wat diegene bemagtig wat suksesvol in die kunste wil wees. Hierdie gemeenskap word deurlopend versterk. Dit is ’n wonderlike belegging in die toekoms van Oudtshoorn (en hopelik volg ander regoor die land).” – Diane de Beer, gerekende resensent
Argief, saamgestel uit die Karoo Kaarte-projekargief, het tydens die KKNK in 2024 geopen. Die uitstalling...
Hierdie uitstalling nooi besoekers om die ryk queer-geskiedenis van Suid-Afrika te verken, deur ’n versameling...
Hierdie paneel bespreek die deurslaggewende rol van queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe en ondersoek die belangrikheid daarvan...
Sluit aan vir ’n boeiende paneelbespreking waar verteenwoordigers van Karoo Kaarte, die GALA Queer Archive...
Dié zine vul die Karoo Kewpie-uitstalling en teaterstuk aan en bied ’n dieper insig in...
Queen is ’n treffende grafiese roman wat die diep, inspirerende reis van Queen, ’n transgender...
Teen die agtergrond van Oudtshoorn se verroeste treinspore en verlate perron, vertel Die Swartmerrie die...
Hierdie eksperimentele teaterstuk kombineer drie kragtige elemente: Kewpie se lewe en nalatenskap as danser en...

