Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans en Engels • Gesin (OB) • 600 min.

Feesmark se musiekverhoë

Datum(s)

1 April 2025, 12:30

Feesmark se musiekverhoë: 1 April

MET YoungstaCPT (20:45), Snotkop (19:30), Ricus Nel (18:15), Dodo Nyoka (17:00), Danny Smoke (15:30), Chris Steyn (14:00) en Rhino and the Rasta (12:30)

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer intieme Castle Lager-verhoog, met Rhino and the Rasta (12:30), Chris Steyn (14:00) en Danny Smoke (15:30) wat die dag aan die gang kry. Hulle gaan jou onder dié tent se dak in die regte luim kry vir die dag, met ’n kosstalletjie of twee en ’n kroeg vir ietsie koud wat nie te ver weg is nie.

Soos die son begin sak, skuif die Feesmark se hartklop na die Feesmark-verhoog. Maak gereed vir nog meer ietse vir die ore met Dodo Nyoka (17:00), Ricus Nel (18:15), Snotkop (19:30) en YoungstaCPT (20:45) wat jou op ’n klankreis neem en aan die dans gaan hou tot laat.

Lus vir iets anders?

Feesmark se musiekverhoë: Saterdag 5 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

De wals van de liefde

Veertig jaar nadat Jannie du Toit die eerste keer ’n Nederlandstalige liedjie op die Staatsteater...

Soet water uit die donker put

Een digter, een akteur, een tjello, twee kitare. Woorde, stories, gedigte in harmonie. Soet water...

Drie van die bestes

Drie van die bestes is ’n samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en...