Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe • Gesin • 120 min.

Feesmark-verhoog

Datum(s)

31 Maart 2025, 19:30

Openingskonsert met al die ietse

MET Judith Sephuma, Demi Lee Moore, Frank Opperman, Die Heuwels Fantasties, Lynelle Kenned, Timothy Moloi, die Charl du Plessis Trio, Mauritz Lotz en ’n simfonieorkes, onder leiding van Richard Cock

Skop die 2025-KKNK af met ’n openingskonsert wat beloof om al die ietse aan feesliefhebbers te bied. Befaamde maestro Richard Cock het ’n baie opwindende program en ’n 29-stuk-simfonieorkes saamgestel vir dié spesiale viering. Uiteenlopende musiekgenres word ingesluit – van rock, pop en alternatief tot jazz, opera en klassieke gunstelinge. Op die program is treffers van internasionale musiekblyspele én gewilde musiek uit eie bodem. Die immergewilde Frank Opperman is die gasheer van die aand, en as jy gewonder het – ja, hy kan en gaan ook sing.

As deel van dié feestelikhede swaai die Feesmark se inkopieparadys sy deure oop vir ’n voorsmaak en eerste blik op wat hier op feesgangers wag. Dié aandmark is oop vanaf 17:00. Kry die hele familie se eet- en drinkgoed voor die konsert hier en vier saam met ons die opening van die 29ste KKNK met al die musiekietse in een mandjie.

Al hierdie vermaak is ingesluit by jou Feesmark-kaartjie, moet dit nie misloop nie.

Lus vir iets anders?

André Schwartz: Merry Krismis, Elvis  

Van kleintyd vind Jaco ’n sielsgenoot en denkbeeldige vriend in Elvis. Elvis word ’n toevlug...

Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder

Die verhaal van die ongelooflike reis van ’n weeskind. Isabella Dolorosa van Tonder, deur haar...

Jak de Priester en Antoinette Pienaar in Koppieteefontein

In die verhoogweergawe van die gewilde kykNET-kuierprogram Koppieteefontein, met Jak de Priester as onderhoudvoerder, kuier...

Soet water uit die donker put

Een digter, een akteur, een tjello, twee kitare. Woorde, stories, gedigte in harmonie. Soet water...

AF