R50

Afrikaans • Geen o.16 • 90 min.

Die Kelder (Tabakstoor, Parkweg-Suid)

Datum(s)

1 April 2025, 19:30

kykNET: ‘Niggies’-aktivering 

MET lede van Niggies se rolverdeling

Aangebied deur kykNET

In 1966 ruk die moord van twee 12-jarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, die land. Hierdie is hul storie. Dit is ook die storie van André, Issie se broer, en die eed wat hy sweer om diegene verantwoordelik te vang. Dit sou hom 18 jaar neem.

Sluit aan by die kykNET-span en lede van Niggies se rolverdeling vir ’n interaktiewe aand waar ons saam die gebeure gaan ontleed met insiggewende gesprekke en ’n eksklusiewe voorskou van die reeks.

Niggies, kykNET se splinternuwe dramareeks, is gegrond op dié opspraakwekkende saak en ’n familie se soektog na antwoorde. Die rolverdeling bestaan uit ’n uitsonderlike ensemble met onder andere Beer Adriaanse, Carel Nel, Albert Pretorius, Tinarie van Wyk Loots, Jane de Wet en Erica Wessels. Die regisseur is Jaco Bouwer, wat onder meer vir die internasionaal bekroonde reeks Spinners verantwoordelik was. Die draaiboek is deur Saartjie Botha en Philip Rademeyer geskryf.

Lus vir iets anders?

Hospitale, kateters en familielede

Gedeelde badkamers. Alewige geraas. Buisligte wat permanent brand. Skerp reuke wat ander reuke probeer verdoesel....

Reünie

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam...

Joe Barber 25

Die ikoniese Joe Barber is 25! Om hierdie herdenking te vier, keer die span agter...

Wag!

Opwinding en spanning heers wanneer ’n meester en haar assistent voorberei vir ’n naderende besoek....