R155 (vooraf) • R140 (Vriende van die KKNK) • R170 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 T, G, V • 70 min.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

Datum(s)

1 April 2025, 19:00

2 April 2025, 09:30

3 April 2025, 14:00

5 April 2025, 19:30

6 April 2025, 09:30

Laaitie mettie biscuits

MET Wayne van Rooyen, Stephanie Baartman, Carla Classen en Joshwin Dyson TEKS EN REGIE Christo Davids BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Jak Brits ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER David Kuduntwane STELONTWERP EN REKWISIETE Jade Bowers KLANKBAAN Les Javan KOSTUUMONTWERP Mariska Meyer PRODUKSIEBESTUURDER Albertina Ngobeni-Potgieter VERVAARDIGERS Momentum Beleggings Aardklop en die Markteater

’n Ko-produksie van Momentum Beleggings Aardklop en die Markteater. Moontlik gemaak deur AK21, NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en Jobs Fund.

“Wat het my kind gesê voor hy dood is? Het hy na my geroep?” Die bekroonde teatermaker Christo Davids pak in hierdie aangrypende drama temas aan wat elke Suid-Afrikaner persoonlik raak: Hoe hanteer ek en jy daagliks die talle gestremde mense in ons land, die wat bloot ánders is? Wie beskerm hulle en wie is ’n stem vir die stemloses? Waarheen tog met al die geweld en korrupsie? Dis ontroerend en soms ook snaaks. Hierdie meesleurende verhaal vertel die storie van Noah, ’n jong seun wat daarvan droom om eendag ’n polisieman te word en na sy ma en sy gemeenskap om te sien. Op een noodlottige dag is hy weer eens te voet op pad om sy daaglikse pakkie Lemon Creams te gaan koop . . .

Lus vir iets anders?

Kruispad, of die legende van die goue vis

’n Jong paartjie, Roland en Laura, klop een wintersnag aan by die huis van ’n...

Die een wat bly

Die een wat bly is deels droom en deels getuienis. Dit gebruik die geselskap se...

Proscenium-dialoë: Groep 1

Agt dialoë wat ná afloop van die eerste Proscenium Dramakompetisie in 2024 vervaardig is, word...

Nina Hastie: Tannie Tangents

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Geen onderwerp...

AF