DEBUUT

R175 (vooraf) • R155 (Vriende van die KKNK) • R195 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.16 T, N • 75 min.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

Datum(s)

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 16:00

Ont-

MET Wian Taljaard TEKS EN REGIE Wessel Pretorius

Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed. Die Verteller staan op die drumpel van selfaanvaarding en bevryding, maar moet eers ’n bestekopname doen van die herinneringe uit sy kinderjare en die spoke van sy ouers. Hy lê verskeie grepe soos familiefoto’s voor die gehoor se voete neer en neem hulle op ’n reis van verlies, ontnugtering, identiteit, pyn en vreugde. Hy skep beelde en vergestalt die stemme van sy familie met die hulp van poësie en ’n paar gelaaide voorwerpe wat aan die gesin behoort het, onder meer sy ma se grammofoon. Ont- is vir die eerste keer in 2011 opgevoer en het vir vyf jaar lank plaaslik sowel as internasionaal getoer (in beide Afrikaans en Engels, as Undone). Dit het onder meer vier Fiësta-pryse, ’n Woordtrofee en ’n goue Standard Bank Ovation-prys gewen. In hierdie herbesoek van die materiaal word die verhaal, karakter en fiktiewe herinneringe deur ’n meer volwasse lens bekyk. Wessel Pretorius se stuk is nou met Wian Taljaard op die verhoog, met Pretorius wat die regie behartig. 

Lus vir iets anders?

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde se twee vertonings in die Gimsaal is uitverkoop (2...

Dinner met Diek

Liewe ontvanger U word hartlik uitgenooi om my te aanskou by my verjaarsdagete. ’n Aand...

Tussen strome

Soms kruip pyn en seerkry agter die grootste glimlagte of sterk verbeeldingskrag weg. Tussen strome...

Joe Barber 25

Die ikoniese Joe Barber is 25! Om hierdie herdenking te vier, keer die span agter...

AF