DEBUUT

R175 (vooraf) • R155 (Vriende van die KKNK) • R195 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.16 T, N • 75 min.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

Datum(s)

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 16:00

Ont-

MET Wian Taljaard TEKS EN REGIE Wessel Pretorius

Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed. Die Verteller staan op die drumpel van selfaanvaarding en bevryding, maar moet eers ’n bestekopname doen van die herinneringe uit sy kinderjare en die spoke van sy ouers. Hy lê verskeie grepe soos familiefoto’s voor die gehoor se voete neer en neem hulle op ’n reis van verlies, ontnugtering, identiteit, pyn en vreugde. Hy skep beelde en vergestalt die stemme van sy familie met die hulp van poësie en ’n paar gelaaide voorwerpe wat aan die gesin behoort het, onder meer sy ma se grammofoon. Ont- is vir die eerste keer in 2011 opgevoer en het vir vyf jaar lank plaaslik sowel as internasionaal getoer (in beide Afrikaans en Engels, as Undone). Dit het onder meer vier Fiësta-pryse, ’n Woordtrofee en ’n goue Standard Bank Ovation-prys gewen. In hierdie herbesoek van die materiaal word die verhaal, karakter en fiktiewe herinneringe deur ’n meer volwasse lens bekyk. Wessel Pretorius se stuk is nou met Wian Taljaard op die verhoog, met Pretorius wat die regie behartig. 

Lus vir iets anders?

Vrou met 27 kinders

Vrou met 27 kinders vertel die storie van ’n kinderlose egpaar, gegrond op ’n ware...

Moord met ’n T

Die popmooi winkelassistent Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies...

Tussen strome

Soms kruip pyn en seerkry agter die grootste glimlagte of sterk verbeeldingskrag weg. Tussen strome...

Speelgoed van glas

’n Nuwe vertaling en verwerking van ’n tydlose meesterstuk. Die ontknoping van ’n fyn web...