R220 (vooraf) • R200 (Vriende van die KKNK) • R240 (by die deur)

Nieverbaal • Gesin • 75 min.

Absa Burgersentrum

Datum(s)

1 April 2025, 10:30

2 April 2025, 10:30

SALT

MET Nina Simpson, Joshua Williams, Gabriel Ravenscroft, Julia O’Keeffe, Mia Coomber, Quinton Jacobs, Jan Kotzé, Kayla Schultze, Gemma Trehearn, Nicolas Laubscher en Kingsley Beukes REGIE EN VERVAARDIGER Debbie Turner CHOREOGRAFIE Kirsten Isenberg, Mthuthuzeli November en Michelle Reid VERHOOGBESTUURDER Lindy Raizenberg

Cape Ballet Africa dans die verhoog by die KKNK aan die brand met dié viering van nuwe werk deur ’n trio van gevierde Suid-Afrikaanse choreograwe. SALT is ’n driedelige program met balletwerke deur Kirsten Isenberg, die veelbekroonde choreograaf Mthuthuzeli November en Michelle Reid. SALT vind op verskillende vlakke aanklank by ons daaglikse bestaan. Sout gee geur, dit reinig, dit genees en word as preserveermiddel gebruik. Sout het betekenis in antieke rituele, weer die bose af, hou ons veilig en dien as inspirasie om uit te reik na ’n hoër geestelike ryk. Hierdie drie werke is aangrypend, glansryk, stylvol, feestelik en uitdagend. Gehore kan uitsien na sterk atletiese pointe-werk, pas de deux wat swaartekrag uitdaag en pragtige vloeiende lywe in beweging.

Lus vir iets anders?

Die een wat bly

Die een wat bly is deels droom en deels getuienis. Dit gebruik die geselskap se...

AF