R195 (vooraf) • R175 (Vriende van die KKNK) • R210 (by die deur)

Afrikaans en Engels • Geen o.13 OB, T • 75 min.

Gimsaal (Scheepersstraat)

Datum(s)

1 April 2025, 10:30

2 April 2025, 13:00

4 April 2025, 13:30

5 April 2025, 18:30

6 April 2025, 09:00

Die een wat bly

MET Grant van Ster, Shaun Oelf en Daneel van der Walt TEKS EN REGIE Wessel Pretorius en geselskap MUSIEKREGIE Shaun Oelf CHOREOGRAFIE Figure of 8 Dance Theatre STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Gideon Lombard VERHOOGBESTUURDER Nell van der Merwe PRODUKSIEBESTUURDER EN VERVAARDIGER Marie Vogts 

’n Figure of 8-produksie, in samewerking met die KKNK en Suidoosterfees. Ondersteun deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en die Jobs Fund.

Die een wat bly is deels droom en deels getuienis. Dit gebruik die geselskap se persoonlike herinneringe as vertrekpunt om die verhouding tussen ma’s en seuns te skets. Dit is ’n samevoeging van dans en drama wat wentel om die narratief van ’n kunstenaar wat terugreis na sy kinderjare. ’n Danser staan sy moeder aan die dood af en wandel deur die flitse van sy geheue, asook die verbeelde geheime lewe van sy ma, om tot verhaal te kom oor sy verlede, sy identiteit, sy familie en sy toekoms. Dans en fisieke teater word ondersteun deur teks om verlies en die spesiale en verwikkelde verhouding tussen ma’s en hul seuns bloot te lê op die pad na genesing.

Lus vir iets anders?

Stinkhout

Louw keer vanuit Londen terug na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van...

Wag!

Opwinding en spanning heers wanneer ’n meester en haar assistent voorberei vir ’n naderende besoek....

Vlerksleep

Volgens die woordeboek beteken “vlerksleep” om by ’n meisie aan te lê, soos wat die...

’n Begin

Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe woonstel se daknatmaak. Hy...