Feesmark
Al die ietse wag op elke iemand by die KKNK se Feesmark, die feesterrein met vermaak vir die hele gesin – van vroegoggend tot laataand – en hope geleenthede vir kuier.
Moenie die afskop van die fees met die aandmark en openingskonsert op Maandag 31 Maart misloop nie.
Musiekverhoë
Musiek-ietse is volop op die twee musiekverhoë in die Feesmark.
Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer intieme Castle Lager-verhoog, wat vroegoggend kunstenaars bymekaarbring om die dag aan die gang te kry. Die kunstenaars gaan jou onder dié tent se dak in die regte luim kry vir iets groot op die Feesmark-verhoog vanaf 16:00. ’n Kosstalletjie of twee en die kroeg vir ietsie koud is nie te ver weg nie.
Soos die son begin sak, skuif die Feesmark se hartklop na die Feesmark-verhoog. Maak gereed vir nog meer ietse vir die ore met van die grootste name in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, wat jou op ’n klankreis neem en saans aan die dans hou tot laat.
Die Feesmark se musiekprogram skop boonop op 31 Maart af met die Openingskonsert met al die ietse, met ’n simfonieorkes en sangers op die verhoog, en op Sondag 6 April sluit Nataniël die fees af op ’n skouspelagtige klank- en visuele noot met Duif.
Dinsdag 1 April
Castle Lager-verhoog vanaf 12:00
MET Chris Steyn, Rhino and the Rasta en Danny Smoke
Feesmark-verhoog vanaf 16:00
MET Dodo Nyoka, Ricus Nel, Snotkop en YoungstaCPT
Woensdag 2 April
Castle Lager-verhoog vanaf 12:00
MET Posduif, Jodi Jantjies en Shaza
Feesmark-verhoog vanaf 16:00
MET Emo Adams, Droomsindroom, Die Piesangskille, Majozi en Spoegwolf
Donderdag 3 April
Castle Lager-verhoog vanaf 12:00
MET Van Der Aven, Kruger & Tutu en Hugo Hewitt
Feesmark-verhoog vanaf 16:00
MET Jarrad Ricketts, Bobby van Jaarsveld, Booshle G., Die Heuwels Fantasties en Jeremy Loops
Vrydag 4 April
Castle Lager-verhoog vanaf 12:00
MET Kurt Darren, Irene-Louise van Wyk, Vuvu Khumalo en Chris Else
Feesmark-verhoog vanaf 16:00
MET Wynand en Chereé, Elandré, Dr. Victor & The Rasta Rebels, Demi Lee Moore en Roan Ash
Saterdag 5 April
Castle Lager-verhoog vanaf 12:00
MET Lisie Basson, Donkiekar Boereorkes, Tribal Echo en Barto
Feesmark-verhoog vanaf 16:00
MET Robbie Wessels, Refentse, BlackByrd, Brendan Peyper en Riaan Benadé
Sondag 6 April
Castle Lager-verhoog vanaf 12:00
MET Tarryn Lamb, Tino, Don Vino, Johan Liebenberg & Mauritz Lotz en Bok van Blerk
Klein KKNK-teater
Bring die jongspan na die Klein KKNK-teater vir kinderteater uit die boonste rakke.
Kunsstalletjies
Wandel vir ure deur die inkopieparadys met sy kuns- en ander stalletjies.
Kosstalletjie en kroeë
Span uit in die rusareas en kry iets lekker om te eet of te drink by die hope kosstalletjies en kroeë op die terrein.
Pretpark
Vir die geesdriftiges is daar lekker aksie by die pretpark.
Hoeveel kos kaartjies?
Jy het ’n keuse tussen dagkaartjies, of feeskaartjies teen ’n besparing indien jy langer kom kuier. Onthou om jou kaartjies vir die Feesmark (soos jou teaterkaartjies) vooraf te koop, aangesien kaartjies wat vooraf gekoop is goedkoper as by die hekke of deure is.
Jou Feesmark-kaartjie sluit toegang tot al die ietse op die Feesmark se musiekverhoë in. Sien jou daar!
Dagkaartjies
31 Maart
R80 per dag (volwassenes)
1 tot 6 April
R100 per dag (gekoop voor 31 Januarie)
R125 per dag (gekoop voor 30 Maart)
R150 per dag (gekoop vanaf 31 Maart)
Weekkaartjies
Volwassenes
R550 vir ’n Feeskaartjie (al 6 dae én die Openingskonsert op 31 Maart)
Pensionarisse
R400 vir ’n Feeskaartjie (al 6 dae én die Openingskonsert op 31 Maart)
Slegs by KKNK-kantoor beskikbaar
Kaartjies vir kinders
Tussen 7 en 13 jaar
R50 per dag (31 Maart tot 6 April)
Jonger as 7 met ouerbegeleiding
Gratis