Free

Afrikaans • Family • 45 min

ATKV-Boeke-oase at Exclusive Books

Date(s)

6 April 2025, 10:30

Meesterskrywers: Antjie Krog en Wilma Stockenström

WITH Louise Viljoen en Ronel Foster FACILITATOR Karen de Wet

Vyf en vyftig jaar gelede, in 1970, debuteer twee digters wie se bundels opslae maak. Voorlopers en baanbrekers van hul generasie. Die ouderdomsverskil tussen hulle is byna twintig jaar: Wilma Stockenström (geb. 1933) en Antjie Krog (geb. 1952). Albei skrywers publiseer in verskillende genres en verander die wêreld van die Afrikaanse literatuur. Albei het meermale die prestigeryke Hertzogprys verower. Nou is daar twee splinternuwe boeke oor hierdie twee formidabele skrywers. Karen de Wet gesels met die twee redakteurs van die boeke – met Louise Viljoen oor Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe en met Ronel Foster oor Wilma Stockenström: Met my wysvingertop. Die boeke is deel van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks vir Hertzogpryswenners.

Die feeskunstenaar, Henk Serfontein, se uitstalling, Die stomme aarde, is geïnspireer deur die ekopoësie en klipgedigte van Stockenström. Kom gesels saam oor dié gedugte twee vroue se werk en die insigte oor hulle in die boeke.

In the mood for something else?

Tannie Maria’s Recipes to Die Live For

Tannie Maria, almal se gunsteling-amateurspeurder en troostante, het uiteindelik gehoor gegee aan versoeke van haar...

Ek is nog hier

In his autobiography Is dit jý?, veteran actor Ian Roberts writes about his career that spans from ...

Kalahari-waarheid

Kalahari-waarheid is an adapted translation of Kalahari Rainsong, which tells of the experiences ...

Oud-ambassadeur Franklin Sonn oor SA se diplomatieke krisis met die VSA

Dr. Franklin Sonn het ’n sleutelrol gespeel in die vestiging van Suid-Afrika se demokrasie en...