R195 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R210 (by die deur)

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.

Absa Burgersentrum

Datum(s)

2 April 2025, 14:00

Bach & Beatles

MET Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (tromme)

Musiek van The Beatles bly immergroen, en vir klassiekemusiek-liefhebbers so ook die musiek van Johann Sebastian Bach. In die hande van die Charl du Plessis Trio word ooreenkomste en kontraste in hierdie uiteenlopende style beklemtoon, in nuwe verwerkings van swing, die blues en bossa nova. Treffers van Bach soos “Tokkate in D mineur”, “Air” en “Jesus, bron van al my vreugde” word gehoor saam met The Beatles se “Let It Be”, “Hey Jude”, “A Hard Day’s Night” en “Can’t Buy Me Love”. Dit is die eerste keer wat die Charl du Plessis Trio musiek van The Beatles vertolk.

Lus vir iets anders?

Kaapse Kabaret 2.0

Leslie Kleinsmith, ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad, se...

Gé sing: Hoor my lied!

Einde September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika...

Klassiek en kwêla tot tango en techno

Twee van Suid-Afrika se voorste en hoog aangeskrewe instrumentale groepe, die Soweto String Quartet en...

Soet water uit die donker put

Een digter, een akteur, een tjello, twee kitare. Woorde, stories, gedigte in harmonie. Soet water...