R220 (vooraf) • R200 (Vriende van die KKNK) • R240 (by die deur)

Afrikaans, Engels, Khoi, Kaaps, Frans en Nederlands • Geen o.13 T • 70 min.

Absa Burgersentrum

Datum(s)

3 April 2025, 11:00

4 April 2025, 14:30

Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder

MET Amanda Strydom en Coenraad Rall (klavier) TEKS EN VERVAARDIGER Amanda Strydom MUSIEKREGIE Coenraad Rall

Die verhaal van die ongelooflike reis van ’n weeskind. Isabella Dolorosa van Tonder, deur haar ouma Tinkerbell gedoop, wat soos ’n brief van een plek na die ander gepos word, leer oplaas van haar komvandaan en van haar mense se geskiedenis. Nella Peterson, vertolk deur Strydom, is die verteller in hierdie moderne feëverhaal met baie kinkels. Jo-Ann Floris skryf in haar resensie vir Ink tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024: “The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder wys Strydom se veelsydigheid as sanger, aktrise en skrywer. Sy laat dit geloofwaardig klink om as wit vrou ’n bruin vrou te speel. Dit alles vertolk Strydom meesterlik, terwyl sy behendig deur die karakters vleg. Strydom se ervaring en sensitiwiteit teenoor die karakters, die stem wat sy hulle gee, is triomfantelik.”

Bekroon met die Woordtrofee vir beste prestasie: kontemporêre musiek – solo/duo by die Toyota Stellenbosch Woordfees (2024).

Lus vir iets anders?

Kaapse Kabaret 2.0

Leslie Kleinsmith, ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad, se...

Frieda van den Heever: Spoorsny

Frieda van den Heever se album Spoorsny is verlede jaar bekend gestel. Tree vir tree...

Feesmark se musiekverhoë: 2 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

Goue Boere, silwer tango

’n Boeiende musiekervaring wat die verrassende verbintenisse tussen boeremusiek en die Argentynse tango ondersoek. Stel...