Gratis

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.

Toekomsrussaal (Zebraweg)

Datum(s)

1 April 2025, 14:00

2 April 2025, 15:00

3 April 2025, 14:00

4 April 2025, 15:00

5 April 2025, 13:00

Kiki

MET deelnemers van Karoo Kaarte en Salon Kewpie KURATORS Vaughn Sadie en Tina Smith

’n KKNK-projek, ondersteun deur die NLC, Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport. In samewerking met GALA, die Distrik Ses-museum, die Goethe-Institut South Africa as deel van die Goethe-Institut Project Space (GPS).

Hierdie uitstalling nooi besoekers om die ryk queer-geskiedenis van Suid-Afrika te verken, deur ’n versameling van argieffoto’s uit die Kewpie-fotoversameling (geleen van die Distrik Ses-museum). Hierdie beelde word aangevul met navorsingsmateriaal versamel deur die Karoo Kaarte-span en wys hoe identiteit deur herinneringe gevorm word. Die uitstalling bevat ook kreatiewe werke van gemeenskapswerksessies, soos collages en kaarte, wat wys hoe die verlede aansluit by die hedendaagse ervarings van Oudtshoorn se queer gemeenskap. Dit vier hoe kuns en aktivisme ingespan kan word om uitdagings aan te pak, ’n gevoel van samehorigheid te bou en insluiting te bevorder. “Kiki” is ’n kleurvolle en beskrywende term uit die drag- en baldanskultuur, wat dui op ’n vrolike, speelse samekoms. Dit vergestalt die gees van viering, waar gesprekke vrylik vloei, waar daar altyd gelag word en kreatiwiteit blom – dink aan iets soortgelyks as die plaaslike uitdrukking “kaarte sny”. Hierdie term vang die wese van gemeenskap, samehorigheid en selfuitdrukking vas – wat aansluit by die atmosfeer en energie wat hierdie uitstalling sal oordra.

Lus vir iets anders?

Friends & I

’n Uitstalling van ons reis na behoort, deur kleur. Ons is ’n groep vriende van...

Onthou jy?

’n Spontane oomblik vasgevang in tyd Nou, en tot in ewigheid Die weer onthou wat...

Attakwaland

Die Prince Vintcent-gebou huisves weereens die grootste gedeelte van die visuele kunsuitstallings. Soos die Klein...

Queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe

Hierdie paneel bespreek die deurslaggewende rol van queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe en ondersoek die belangrikheid daarvan...

AF