Gratis

Afrikaans • Gesin • 15 min.

Bibsaal

Datum(s)

1 April 2025, 10:00

2 April 2025, 10:00

3 April 2025, 10:00

4 April 2025, 10:00

5 April 2025, 10:00

6 April 2025, 10:00

Rond en bont: Toor | Bos

MET Jaco van Schalkwyk (visuele kunstenaar), Willem Boshoff (visuele kunstenaar) en Herman Myburgh (spesialis in virtuele realiteit) TEKS Quaz Roodt en Bibi Slippers KOMPONIS Jaco Meyer KURATOR Dineke Orton

Waag dit in ’n unieke virtuelerealiteit-ervaring, losweg geïnspireer deur die eeufees van Afrikaans as amptelike taal in Suid-Afrika. Deur die aanbieding word die ontwikkeling en verandering van die taal vasgevang en gevier deur middel van ’n multimedia-ervaring wat visuele kuns, musiek, poësie en tegnologie integreer. Besoekers kan ’n kombinasie van ’n fisieke en ’n skynrealiteit-ervaring (gemengde realiteit) verwag, met woudagtige natuurtonele deur die skilder Jaco van Schalkwyk, die woordkuns van Willem Boshoff, vervleg met klank en musiek geskep deur die komponis Jaco Meyer. Beide hierdie kunsvorme verhelder en ondersteun die Afrikaanse digkuns van Quaz Roodt en Bibi Slippers. Die verskillende media is verwerk tot ’n virtuele realiteit (VR) deur Herman Myburgh, VR-ontwerper, terwyl die algehele aanbieding deur Dineke Orton, kurator, beplan en saamgevoeg is. 

Lus vir iets anders?

Ontmoet die feeskunstenaar, Henk Serfontein

Liza Grobler, die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns, tree daagliks om 11:00 in...

Rond en bont: Die polisiekantoor

Lien Botha is welbekend vir haar subtiele fotografiese werk wat dikwels die omliggende landskap betrek....

Aardmoeder: ’n Uitvoerende tekening

Lyne, ’n wesenlike aspek van die menslike liggaam, word terselfdertyd subjektief beleef en objektief waargeneem....

Diepe grond: Klimaat- en ander veranderinge

Liza Grobler, die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns, tree daagliks om 11:00 in...