Gratis

Gesin • 540 min.

C.P. Nel-museum

Datum(s)

1 April 2025, 09:00

2 April 2025, 09:00

3 April 2025, 09:00

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 09:00

Rond en bont: Skeepsvraghouers

MET Kilmany-Jo Liversage

Die Kaapse kunstenaar Kilmany-Jo Liversage het ’n monumentale, uitdrukkingsvolle kunswerk op twee skeepsvraghouers geskep. Hierdie werk is tydelik te sien voor die C.P. Nel-museum, op die hoek van Voortrekkerweg en Baron van Reedestraat, en word ’n ontmoetingspunt wat hierdie belangrike kruising in die dorp visueel aksentueer. Liversage is wêreldwyd bekend en het onder meer al muurskilderye geskep in Australië, Colombia, Suid-Afrika, die VSA en die Verenigde Koninkryk.

Die kleurvolle portret van ’n vrouefiguur aan die buitekant van hierdie houers, maak ’n sterk visuele impak. Binne-in die houers kan feesgangers ’n beperkte oplaag digitale drukwerke van verskeie bekende Suid-Afrikaanse graffiti-kunstenaars teen ’n sakpasprys koop.

Wees op die uitkyk vir Bloom & Bliss: Karoo Edition, ’n Brutal.-drukwerkinisiatief.

’n Nuwe drukwerk van Liversage word ook te koop aangebied.

Lus vir iets anders?

Drentel saam deur ‘Diepe grond’: Landskap, tekstuur en drome

Liza Grobler, die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns, tree daagliks om 11:00 in...

Friends & I

’n Uitstalling van ons reis na behoort, deur kleur. Ons is ’n groep vriende van...

Ontmoet die feeskunstenaar, Henk Serfontein

Liza Grobler, die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns, tree daagliks om 11:00 in...

Genesis

Die roeping. 072 502 3232 • austanclaassen@gmail.com Instagram: austan.claassen

...