Gratis

Gesin • 540 min.

Prince Vintcent-gebou

Datum(s)

1 April 2025, 09:00

2 April 2025, 09:00

3 April 2025, 09:00

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 09:00

Attakwaland

MET individuele visuele bydraes sluit werke in deur Alka Dass, Asanda Kupa, Catherine Ocholla, Diano October, Elize Vossgätter, Franli Meintjes, Hanien Conradie, Hannelie Coetzee, Jeanne Hoffman, Jo Roets, Johan Thom, John Murray, Kamyar Bineshtarigh, Lien Botha, Lisl Barry, Leanne Olivier, Luan Nel, Miné Kleynhans, Niël Jonker, nomThunzi Mashalaba, Norman O’Flynn, Richard John Forbes, Ronesca Cloete, Seretse Moletsane, Sonia Martins Mateus, Stephané E. Conradie, Swain Hoogervorst, Tamlin Blake, Trevor Rizzato, Ulric Roberts (Namasun), Vanessa Berlein, Vincent Meyburgh, Wonder Marthinus en Zietske Saaiman.

Die Prince Vintcent-gebou huisves weereens die grootste gedeelte van die visuele kunsuitstallings. Soos die Klein Karoo is hier ook baie uiteenlopende teksture binne ’n altyd veranderende landskap. Werke in uiteenlopende media dra by tot ’n ryk en multisensoriese ervaring. Bydraes sluit in gemeenskapsprojekte en intieme, sowel as monumentale werke deur kunstenaars van oor Suid-Afrika heen.

Die Creative Block, bestuur deur die Spier Arts Trust, verteenwoordig meer as 350 professionele kunstenaars van oor Suid-Afrika heen. Dit bied ’n prettige platform vir eksperimentering, en gevestigde kunstenaars neem steeds daaraan deel.

Elke kunswerk is ’n uitdrukking van die individuele kunstenaar se unieke onderwerp, materiaal en styl. Wanneer dit saam vertoon word, skep dit ’n eg Suid-Afrikaanse storie. Die projek is ideaal vir nuwe kunsversamelaars wat meer wil leer oor die kunswêreld en met ’n klein begroting die werk van uiteenlopende kunstenaars wil aanskaf. Kom ontdek 20 van hierdie wonderlike kunstenaars by vanjaar se KKNK!

Lus vir iets anders?

Kiki

Hierdie uitstalling nooi besoekers om die ryk queer-geskiedenis van Suid-Afrika te verken, deur ’n versameling...

Lisl Barry Open Studio: Short Stories from a Larger Tale

Sluit aan by plaaslike kunstenaar Lisl Barry in Haar natuurlike habitat. Hierdie nuwe versameling Kunswerke...

Onthou jy?

’n Spontane oomblik vasgevang in tyd Nou, en tot in ewigheid Die weer onthou wat...

Friends & I

’n Uitstalling van ons reis na behoort, deur kleur. Ons is ’n groep vriende van...