Hierdie performance-installasie verken die kunstenaar se diep verbintenis met die natuur, grond en aarde. Deur gebare van arbeid, aardse teksture en stil rituele delf Carin Bester in die grond se geheue – die letsels, die groei en veerkragtigheid. Sy skep ’n ruimte om na te dink oor arbeid en die genesing van die landskap en die self, en om verbondenheid deur gedeelde geskiedenis en hernuwing te herontdek. ’n Soeke na troos deur een te word met die grond.