Included in Feesmark ticket

Verskeie tale • Gesin

Klein KKNK-teater in the Feesmark

Date(s)

1 April 2025, 10:00

2 April 2025, 10:00

3 April 2025, 10:00

4 April 2025, 10:00

5 April 2025, 10:00

6 April 2025, 10:00

Klein KKNK-teater

Liewe maats, daar is iets wat gaan gebeur. Iets feestelik. Iets met die naam die Klein KKNK-teater. ’n Teatertent in die Feesmark, naby die stalletjies en tjips. Jy wil dit vir niks misloop nie. Almal is welkom, oud en baie jonk. Met een feeskaartjie kan jy ’n hele dag lank jou skoene hier uitskop. Hier by die Klein KKNK-teater. Vra maar die maats wat verlede jaar hier was, jy sal weer en weer wil kom. Drie verskillende teaterstories op ’n dag.

Ontmoet die Grommels, dans in die Middel en kyk of Jan Jakkals sy neus terugkry. Miskien het jy ook al soos Pampoenpit goor gevoel? Miskien wil jy saam met Squish en Splat, Ka-BOOM! As jy lief is vir jou familie, sal Mina Thina jou hart goed laat voel, of sal jy lief word vir Storge met of sonder ’n ster-plakker? Hier is iets vir almal. Hier by die Klein KKNK-teater. Kom betyds, want jy wíl heel voor sit. Vra ’n grootmens om saam met jou te kom, en kyk wie geniet dit die meeste.

Toegang tot die Feesmark is gratis vir kinders onder 7 met ouerbegeleiding en kos R50 per dag vir kinders tussen 7 en 13 jaar oud. Buite die Feesmark kan jy ook vir Liewe Heksie and The King of Broken Things in ander teaters gaan kuier.

The Feesmark bied ook ’n pretpark soos wat ’n mens net by feeste kry! Ure se musiekvermaak wag op die Feesmark se musiekverhoë, lekkers en ander lekkernye is te kies en keur by die honderde stalletjies. Familievermaak word ook elders in teaters aangebied met produksies soos Liewe Heksie en die wals and The King of Broken Things.

In the mood for something else?

Grommels

A big, grey wall embraces a small grey world. In this world, colour is just a memory. A dream ...

Ka-BOOM!

Join the adventures of Squish and Splat, two unlikely heroes in a world where imagination knows no limits ...

Pampoenpit se groen gevoel

After losing the singing competition, Pampoenpit struggles with feelings of jealousy and envy ...

The King of Broken Things

The King of Broken Things is a magical and adventurous excursion into the ...