R250

English and Afrikaans • Family • 90 min

Beans Café (Church Street)

Date(s)

1 April 2025, 08:00

2 April 2025, 08:00

3 April 2025, 08:00

Betowerende koffie-en-biltongavontuur

PRESENTED BY Barista Johan Breunissen of Beans About Coffee Oudtshoorn

Sluit aan by Oudtshoorn se eie koffiemeester Johan Breunissen vir ’n ontdekkingsreis van smaak. Hierdie magiese avontuur van koffie en biltong is ’n ware fees vir die sintuie. Deelnemers proe unieke koffie uit Afrika, met ’n perfekte pasmaat van biltong of droëwors, insluitend gemsbok, volstruis en vlakvark. Leer meer oor die koffie se voorbereiding en roosterproses, met historiese verhale en snaakse stories wat ook ingesluit word – waaronder die ontdekking van koffie deur boerbokke, wat glo gedans het nadat hulle die bone geëet het. Verskeie gesondheidsvoordele van koffie word ook uitgelig. Moenie hierdie betowerende koffie-en-biltongervaring, wat beslis jou waardering vir die kuns waarmee koffie en biltong gemaak word, gaan verdiep, misloop nie. Kaartjieprys sluit jou eie pakkie Afrika-koffie en droëworshappies in.

In the mood for something else?

Vryburger Omgeemense Gholfdag

The Oudtshoorn Vryburger Omgeemense invites festivalgoers to experience the distinctive Klein Karoo hospitality at their annual golf day ...

Suikerkoekie-versierklasse

Have you always wanted to learn how to decorate sugar cookies creatively, and challenge yourself a bit? This is your chance ...

Skilder en wyn met Hannelie Swart

Create your own painting at this year’s KKNK with hostess Hannelie Swart, an artist in her own right with a master’s degree in Visual Arts ...

The Power of Poetry Workshop: Keys for Self-Exploration and Therapy

The Power of Poetry workshop is not a formal course to become a published poet. Rather, the emphasis is on the therapeutic value of writing ...