R400

Golf Day • Family • 300 min

Oudtshoorn Golf Club

Date(s)

4 April 2025, 08:00

Vryburger Omgeemense Gholfdag

PRESENTED BY the Oudtshoorn Vryburger Omgeemense

Die Oudtshoorn Vryburger Omgeemense nooi feesgangers uit om die kenmerkende Klein Karoo-gasvryheid by sy jaarlikse gholfdag te ervaar. Spelers kan uitsien na verskeie kroeë met ’n lekker kuieratmosfeer, en hope lekker pryse is op die spel. Die formaat is “Individual Bogey Plus”, met afslaantye tussen 08:00 en 13:00 elke tien minute. Groepe van vier per afslaantyd én individuele spelers is welkom. Oudtshoorn se gholfklub is in 1903 gestig, wat dit een van die oudste gholfbane op die Tuinroete maak. Dit is die enigste 18-putjie-grasbaan in die Klein Karoo, met ’n baansyfer van 72 en ’n uitdagende baanlengte van 6 060 m vir mans en 5 236 m vir vroue, uitgelê in die pragtige Klein Karoo-omgewing. Die gholfdag is een van die Oudtshoorn Vryburger Omgeemense se fondsinsamelingsprojekte, met die geld wat teruggeploeg word in die gemeenskap, wat veral vir die bejaardes op die dorp aangewend word.

In the mood for something else?

The Power of Poetry Workshop: Keys for Self-Exploration and Therapy

The Power of Poetry workshop is not a formal course to become a published poet. Rather, the emphasis is on the therapeutic value of writing ...

Skilder en wyn met Hannelie Swart

Create your own painting at this year’s KKNK with hostess Hannelie Swart, an artist in her own right with a master’s degree in Visual Arts ...

Betowerende koffie-en-biltongavontuur

Join Oudtshoorn’s own coffee master Johan Breunissen for an exploration of tastes. This magical adventure of coffee and biltong ...

Suikerkoekie-versierklasse

Have you always wanted to learn how to decorate sugar cookies creatively, and challenge yourself a bit? This is your chance ...