R400

Gholfdag • Gesin • 300 min.

Oudtshoorn Gholfklub

Datum(s)

4 April 2025, 08:00

Vryburger Omgeemense Gholfdag

AANGEBIED DEUR die Oudtshoorn Vryburger Omgeemense

Die Oudtshoorn Vryburger Omgeemense nooi feesgangers uit om die kenmerkende Klein Karoo-gasvryheid by sy jaarlikse gholfdag te ervaar. Spelers kan uitsien na verskeie kroeë met ’n lekker kuieratmosfeer, en hope lekker pryse is op die spel. Die formaat is “Individual Bogey Plus”, met afslaantye tussen 08:00 en 13:00 elke tien minute. Groepe van vier per afslaantyd én individuele spelers is welkom. Oudtshoorn se gholfklub is in 1903 gestig, wat dit een van die oudste gholfbane op die Tuinroete maak. Dit is die enigste 18-putjie-grasbaan in die Klein Karoo, met ’n baansyfer van 72 en ’n uitdagende baanlengte van 6 060 m vir mans en 5 236 m vir vroue, uitgelê in die pragtige Klein Karoo-omgewing. Die gholfdag is een van die Oudtshoorn Vryburger Omgeemense se fondsinsamelingsprojekte, met die geld wat teruggeploeg word in die gemeenskap, wat veral vir die bejaardes op die dorp aangewend word.

Lus vir iets anders?

The Power of Poetry Workshop: Keys for Self-Exploration and Therapy

The Power of Poetry-werksessie is nie ’n formele kursus om ’n gepubliseerde digter te word...

Aandmark voor Openingskonsert

Die Feesmark se inkopieparadys swaai sy deure oop vir ’n voorsmaak en eerste blik op...

Suikerkoekie-versierklasse

Wou jy nog altyd leer om suikerkoekies kreatief te versier en jouself ’n bietjie uit...

Betowerende koffie-en-biltongavontuur

Sluit aan by Oudtshoorn se eie koffiemeester Johan Breunissen vir ’n ontdekkingsreis van smaak. Hierdie...

AF