Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans en Engels • Geen o.13 • 90 min.

Feesmark-verhoog

Datum(s)

6 April 2025, 19:30

Duif.

MET Nataniël, Tracey-Lee Oliver, Wiehahn Francke, Nicolaas Swart, Dihan Slabbert, Jordan Rogers, Tamia Stanczyk, Charl du Plessis (klavier), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme) KOSTUUMONTWERP Floris Louw

Moontlik gemaak deur die KKNK en Suidoosterfees.

Nataniël sprei sy vlerke met ’n vertoning ewe geskik vir ’n antieke dorpsplein, ’n massiewe stadion of ’n spoggerige teater. Met unieke stories, splinternuwe musiek, invloede uit wêreldkulture en ’n paar klassieke oomblikke ondersoek hy en sy geselskap die geskiedenis van vermoëns en geleenthede, besoek ’n volstruisplaas, keer terug na ’n laboratorium honderd jaar gelede en peins oor tafeldek as ’n vakrigting. Vanjaar se KKNK word afgesluit met ’n uitsonderlike opelug-skouspel van musiek en stories, met ’n nie-verbale kinkel en ’n paar splinternuwe kunstenaars met unieke talente.

Lus vir iets anders?

Feesmark se musiekverhoë: 4 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

Die Ses Snare van ouds

Die groep Ses Snare speel ná baie jare weer by die KKNK – hierdie keer...

De wals van de liefde

Veertig jaar nadat Jannie du Toit die eerste keer ’n Nederlandstalige liedjie op die Staatsteater...

Vincent: His Quest to Love and Be Loved

Vincent is ’n musiekblyspel wat met drie Naledi-pryse bekroon is. Daniel Anderson delf diep in...