Gratis

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.

Netwerk24-feeskafee

Datum(s)

2 April 2025, 13:00

Die uitdagings om gemeenskapsargiewe te ontwikkel

MET Vaughn Sadie (Karoo Kaarte), Neil Coppen (Karoo Kaarte), Karin Tan (GALA Queer Archive) en Tina Smith (Distrik Ses-museum)

’n KKNK-projek, ondersteun deur die NLC, Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport. In samewerking met GALA, die Distrik Ses-museum, die Goethe-Institut South Africa as deel van die Goethe-Institut Project Space (GPS).

Sluit aan vir ’n boeiende paneelbespreking waar verteenwoordigers van Karoo Kaarte, die GALA Queer Archive en die Distrik Ses-museum die uitdagings van gemeenskapsargiewe bespreek. Terwyl elke gemeenskapsargief daarna streef om die unieke stories van sy mense te bewaar, fokus die paneel op die verwikkeldheid rakende en die verskille in hoe gemeenskapsargiewe werk. Geen twee gemeenskappe is dieselfde nie, maar gemeenskaplike ervarings en inspirasie word gedeel, veral in hoe geskiedenisse bewaar en gedeel word. Paneellede deel hul metodes en bespreek hoe herinneringe ons kollektiewe identiteit vorm.

Lus vir iets anders?

Karoo Kewpie Zine

Dié zine vul die Karoo Kewpie-uitstalling en teaterstuk aan en bied ’n dieper insig in...

Argief

Argief, saamgestel uit die Karoo Kaarte-projekargief, het tydens die KKNK in 2024 geopen. Die uitstalling...

Queen: ’n Grafiese roman

Queen is ’n treffende grafiese roman wat die diep, inspirerende reis van Queen, ’n transgender...

Queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe

Hierdie paneel bespreek die deurslaggewende rol van queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe en ondersoek die belangrikheid daarvan...

AF