Gratis

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.

Netwerk24-feeskafee

Datum(s)

4 April 2025, 13:00

Queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe

MET Tiffany Witbooi, Jermaine Bruintjies, Maxine Kammies en Kiki Wagner (Karoo Kaarte) en Cheshire Vineyard (Salon Kewpie)

’n KKNK-projek, ondersteun deur die NLC, Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport. In samewerking met GALA, die Distrik Ses-museum, die Goethe-Institut South Africa as deel van die Goethe-Institut Project Space (GPS).

Hierdie paneel bespreek die deurslaggewende rol van queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe en ondersoek die belangrikheid daarvan om LGBTQIA+-stemme en -ervarings in historiese bewaringsprojekte in te sluit, met klem die op hoe hierdie vertellings ons begrip van die verlede hervorm en verryk. Die paneel fokus op hoe gemeenskapsargiewe diversiteit kan vier en queer-stories vir toekomstige geslagte kan bewaar. Die gesprek bied insig in hoe hierdie proses aangepak word om seker te maak dat die geskiedenis van dié gemeenskap deel word van ’n inklusiewe visie van die kollektiewe geheue.

Lus vir iets anders?

Om die tafel: Die hartklop van die huis

Kom geniet ’n lipleklekker middagete saam met kulinêre voorligter en smaakmaker Elmarie Berry, skrywer van...

John Steenhuisen praat oor hoe Suid-Afrika saam vooruit moet boer

Suid-Afrikaners het lekker gelag vir die memes met die DA-leier, John (Deere) Steenhuisen, toe hy...

Naelstring: Ouers en kinders

Drie nuutgeskrewe werke, Die een wat bly, Stinkhout en Albatros, wat vanjaar by die fees...

Al die ietse: Wat het jý gedink?

Dis die laaste dag van die fees, daar is nóg om te sien en beleef,...