R80

Veeltalig • Gesin • 120 min.

Vertrek vanaf die inligtingstent (h.v. Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg)

Datum(s)

1 April 2025, 09:00

2 April 2025, 09:00

3 April 2025, 09:00

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 09:00

Karoo Kaarte-staptoer

MET toergidse Melikhaya Blou, Shandré Harris, Theo Witbooi en Glenisha Tarentaal KURATOR Vaughn Sadie

’n KKNK-projek, ondersteun deur die NLC, Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport.

Die Karoo Kaarte-app gaan van krag tot krag en skep ’n interaktiewe ervaring van Oudtshoorn se ryk mondelinge geskiedenis. Splinternuwe stories word ingesluit, met selfbegeleide toere wat herinneringe en persoonlike staaltjies van plaaslike inwoners integreer. Hierdie groeiende argief hou kinderherinneringe en gemeenskapsverhale lewend. Gewilde begeleide staptoere onthul verborge juwele en bekende plekke in Bongolethu, “Ou Kas”, “Die Laeveld” en die middedorp. Toere sluit persoonlike vertellings in, verweef met Oudtshoorn se queer-gemeenskapsverhale, wat aan besoekers ’n vars blik op hierdie omgewings gee. Die unieke benadering om mense se verhale te vertel, eerder as net die dorp se geskiedenis, gryp die verbeelding van besoekers aan en gee aan inwoners waardevolle insig oor hul tuisdorp.

Lus vir iets anders?

Olyf tot olyfolie

“Jy sal nooit weet hoe ’n slegte olyfolie proe voordat jy ’n goeie een geproe...

Sterrekyk in die Klein Karoo

Stap onder die uitgestrekte, sterverligte Klein Karoo-hemel saam met Night Sky Tours. Sluit by hulle...

Olifant-en-ontbyt-ervaring

Oudtshoorn se eie Buffelsdrift Game Lodge vier in September 2025 hul 20ste bestaansjaar. Die Olifant-en-ontbyt-ervaring...

Wildehondekloof: Fynbos-fynproe

Ervaar die wonder van die Klein-Karoo se fynbos in kos. Ná ’n kort stappie in...

AF