R500

Afrikaans en Engels • Gesin • 120 min.

Buffelsdrift Game Lodge

Datum(s)

1 April 2025, 07:30

2 April 2025, 07:30

3 April 2025, 07:30

4 April 2025, 07:30

5 April 2025, 07:30

6 April 2025, 07:30

Olifant-en-ontbyt-ervaring

AANGEBIED DEUR Buffelsdrift Game Lodge

Oudtshoorn se eie Buffelsdrift Game Lodge vier in September 2025 hul 20ste bestaansjaar. Die Olifant-en-ontbyt-ervaring is die perfekte geleentheid om dit tydens die KKNK saam met die lodge te vier. Geniet ’n buffet-ontbyt in die restaurant en beleef ’n wonderlike ervaring saam met die drie grootpote, Malaika, Bulelo en Jabari. Word meegevoer deur die aangrypende verhaal van drie wees-Afrika-olifante wat ’n gelukkige tuiste by Buffelsdrift Game Lodge gevind het. Persoonlike interaksie met die olifante en hope fotogeleenthede is deel van hierdie ervaring. Deelnemers kan kies tussen ’n kontinentale of warm ontbyt, met sap en filterkoffie wat ingesluit is.

Lus vir iets anders?

Karoo Kaarte-staptoer

Die Karoo Kaarte-app gaan van krag tot krag en skep ’n interaktiewe ervaring van Oudtshoorn...

Sterrekyk in die Klein Karoo

Stap onder die uitgestrekte, sterverligte Klein Karoo-hemel saam met Night Sky Tours. Sluit by hulle...

Olyf tot olyfolie

“Jy sal nooit weet hoe ’n slegte olyfolie proe voordat jy ’n goeie een geproe...

Historiese wandeltoer

RJ Tours bied ’n gemaklike staptoer op Oudtshoorn aan, waar deelnemers verskeie historiese geboue besoek...