Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans en Engels • Gesin (OB) • 60 min. (per kunstenaar)

Feesmark se musiekverhoë

Datum(s)

2 April 2025, 11:30

Feesmark se musiekverhoë: 2 April

MET Spoegwolf (21:00), Majozi (19:45), Die Piesangskille (18:30), Droomsindroom (17:15), Emo Adams (16:00), Shaza (14:30), Posduif (13:00) en Jodi Jantjies (11:30)

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer intieme Castle Lager-verhoog, met Jodi Jantjies (11:30), Posduif (13:00) en Shaza (14:30) wat die dag aan die gang te kry. Hulle gaan jou onder dié tent se dak in die regte luim kry vir die dag, met ’n kosstalletjie of twee en ’n kroeg vir ietsie koud wat nie te ver weg is nie.

Soos die son begin sak, skuif die Feesmark se hartklop na die Feesmark-verhoog. Maak gereed vir nog meer ietse vir die ore met Emo Adams (16:00), Droomsindroom (17:15), Die Piesangskille (18:30), Majozi (19:45) en Spoegwolf (21:00) wat jou op ’n klankreis neem en aan die dans gaan hou tot laat.

Lus vir iets anders?

Feesmark se musiekverhoë: 3 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

beHOORNlik

Hier is ’n ding aanie komme! ’n BeHOORNlike ding. Iets so beHOORNlik soos die daarwees...

88

’n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg...

André Schwartz: Merry Krismis, Elvis  

Van kleintyd vind Jaco ’n sielsgenoot en denkbeeldige vriend in Elvis. Elvis word ’n toevlug...

AF