Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans en Engels • Gesin (OB) • 60 min. (per kunstenaar)

Feesmark se musiekverhoë

Datum(s)

2 April 2025, 11:30

Feesmark se musiekverhoë: 2 April

MET Spoegwolf (21:00), Majozi (19:45), Die Piesangskille (18:30), Droomsindroom (17:15), Emo Adams (16:00), Shaza (14:30), Posduif (13:00) en Jodi Jantjies (11:30)

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer intieme Castle Lager-verhoog, met Jodi Jantjies (11:30), Posduif (13:00) en Shaza (14:30) wat die dag aan die gang te kry. Hulle gaan jou onder dié tent se dak in die regte luim kry vir die dag, met ’n kosstalletjie of twee en ’n kroeg vir ietsie koud wat nie te ver weg is nie.

Soos die son begin sak, skuif die Feesmark se hartklop na die Feesmark-verhoog. Maak gereed vir nog meer ietse vir die ore met Emo Adams (16:00), Droomsindroom (17:15), Die Piesangskille (18:30), Majozi (19:45) en Spoegwolf (21:00) wat jou op ’n klankreis neem en aan die dans gaan hou tot laat.

Lus vir iets anders?

Vincent: His Quest to Love and Be Loved

Vincent is ’n musiekblyspel wat met drie Naledi-pryse bekroon is. Daniel Anderson delf diep in...

Klassiek en kwêla tot tango en techno

Twee van Suid-Afrika se voorste en hoog aangeskrewe instrumentale groepe, die Soweto String Quartet en...

Katrien, die King en die Kween

Katrien, ’n voormalige kabaretster, en haar man, Donovan, is al ’n ewigheid vasgevang in die...

Openingskonsert met al die ietse

Skop die 2025-KKNK af met ’n openingskonsert wat beloof om al die ietse aan feesliefhebbers...