Frieda van den Heever se album Spoorsny is verlede jaar bekend gestel. Tree vir tree verken sy die landskap van die lewe en die dood en alles tussenin met haar neus en voete. Sy word op hierdie reis vergesel deur een van ons land se beste musikante om in Afrikaans te sing, stories te vertel en lief te hê. Val in om die pad saam te stap. Gaan een voet voor die ander op reis na ’n plek wat jy ken.