R160 (vooraf) • R145 (Vriende van die KKNK) • R180 (by die deur)

Afrikaans en Engels • Gesin OB • 90 min.

Absa Studio (Banketsaal)

Datum(s)

3 April 2025, 16:30

4 April 2025, 13:00

Frieda van den Heever: Spoorsny

MET Frieda van den Heever en Mauritz Lotz VERVAARDIGER Frieda van den Heever

Frieda van den Heever se album Spoorsny is verlede jaar bekend gestel. Tree vir tree verken sy die landskap van die lewe en die dood en alles tussenin met haar neus en voete. Sy word op hierdie reis vergesel deur een van ons land se beste musikante om in Afrikaans te sing, stories te vertel en lief te hê. Val in om die pad saam te stap. Gaan een voet voor die ander op reis na ’n plek wat jy ken.

Benoem vir ’n kykNET Fiësta vir beste kontemporêre musiekproduksie.

Benoem vir ’n Woordtrofee vir beste sologedrewe kontemporêre musiekproduksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024.

Lus vir iets anders?

Feesmark se musiekverhoë: 1 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

Katrien, die King en die Kween

Katrien, ’n voormalige kabaretster, en haar man, Donovan, is al ’n ewigheid vasgevang in die...

Feesmark se musiekverhoë: 4 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

88

’n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg...