R50

Afrikaans en Engels • Gesin • 80 min.

Absa Burgersentrum

Datum(s)

1 April 2025, 18:30

beHOORNlik

MET Haidee Muller, John Theodore, Paul Amas, Danny B, Kezia Swarts, MC Noemwoord, B-Boy Da-vinci, Janine Fourie, Willo & Jenny Maya, Gail Arendse, JESSICA en ander REGIE Paul Amas PRODUKSIEBESTUURDER Megan Amas VERHOOGBESTUURDER Danny B

’n KKNK-produksie, ondersteun deur SON en Eden FM.

Hier is ’n ding aanie komme! ’n BeHOORNlike ding. Iets so beHOORNlik soos die daarwees van die Swartberge. Dansers, wat beHOORNlik verhoë gaan beklim, soos die Kammanassie in die stroom van ritme gaan katterjak, en soos volstruise in die kamp van die kunste gaan baljaar! Hier is ’n ding aanie komme! Die stemme van die dorp wat soos voëls in die ore swetterjoel, kunssinnige hartsnare tokkel en musiektalent wat die HOORN lig. Alles van Oudtshoorn, tuisgemaak Oudtshoorn, soos volstruisknieskywe en -nek, soos huisjêm en bakbrood. ’n BeHOORNlike ding. Hier is ’n ding aanie komme!

Lus vir iets anders?

Klassiek en kwêla tot tango en techno

Twee van Suid-Afrika se voorste en hoog aangeskrewe instrumentale groepe, die Soweto String Quartet en...

Openingskonsert met al die ietse

Skop die 2025-KKNK af met ’n openingskonsert wat beloof om al die ietse aan feesliefhebbers...

88

’n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg...

Blues by die kruispad

Maak gereed om meegevoer te word deur die hipnotiserende klanke van Blues by die kruispad,...