R50

Afrikaans en Engels • Gesin • 80 min.

Absa Burgersentrum

Datum(s)

1 April 2025, 18:30

beHOORNlik

MET Haidee Muller, John Theodore, Paul Amas, Danny B, Kezia Swarts, MC Noemwoord, B-Boy Da-vinci, Janine Fourie, Willo & Jenny Maya, Gail Arendse, JESSICA en ander REGIE Paul Amas PRODUKSIEBESTUURDER Megan Amas VERHOOGBESTUURDER Danny B

’n KKNK-produksie, ondersteun deur SON en Eden FM.

Hier is ’n ding aanie komme! ’n BeHOORNlike ding. Iets so beHOORNlik soos die daarwees van die Swartberge. Dansers, wat beHOORNlik verhoë gaan beklim, soos die Kammanassie in die stroom van ritme gaan katterjak, en soos volstruise in die kamp van die kunste gaan baljaar! Hier is ’n ding aanie komme! Die stemme van die dorp wat soos voëls in die ore swetterjoel, kunssinnige hartsnare tokkel en musiektalent wat die HOORN lig. Alles van Oudtshoorn, tuisgemaak Oudtshoorn, soos volstruisknieskywe en -nek, soos huisjêm en bakbrood. ’n BeHOORNlike ding. Hier is ’n ding aanie komme!

Lus vir iets anders?

Feesmark se musiekverhoë: 2 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

Vincent: His Quest to Love and Be Loved

Vincent is ’n musiekblyspel wat met drie Naledi-pryse bekroon is. Daniel Anderson delf diep in...

Die Ses Snare van ouds

Die groep Ses Snare speel ná baie jare weer by die KKNK – hierdie keer...

Die gevlerktes

Die gevlerktes bring twee gesoute kunstenaars bymekaar vir ’n buitengewone produksie wat ’n lewende uitvoering...

AF