R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R195 (by die deur)

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.

Absa Burgersentrum

Datum(s)

3 April 2025, 14:30

Klassiek en kwêla tot tango en techno

MET Soweto String Quartet: Sandile Khemese (viool), Thamo Kemese (viool), Makhosini Mnguni (altviool) & Themba Mashobane (tjello) en ULTRACOUSTIC: Dirkie van Staden (kitaar) & Wilken Calitz (kitaar en viool)

Twee van Suid-Afrika se voorste en hoog aangeskrewe instrumentale groepe, die Soweto String Quartet en ULTRACOUSTIC span kragte en kreatiwiteit saam in hierdie lekkerluister-vertoning. Geniet ’n energieke konsert vol verwerkings en oorspronklike musiek. Verskeie genres word gehoor, waaronder Ierse, sigeuner-, kwêla-, folk, Spaans-Latynse, kontemporêre flamenco-, klassieke en populêre musiek met polsende ritme. Tot Afrikaanse wysies, klub- en die 90’s se techno-musiek word instrumentaal vertolk. Jou voete gaan jeuk en jou tone omkrul van pure lekkerte. Jy gaan hierdie magiese vertoning vir lank onthou en die teater oorbluf verlaat.

Lus vir iets anders?

Jak de Priester en Antoinette Pienaar in Koppieteefontein

In die verhoogweergawe van die gewilde kykNET-kuierprogram Koppieteefontein, met Jak de Priester as onderhoudvoerder, kuier...

Koos Doep

“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê, “maar...

Feesmark se musiekverhoë: 1 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

Drie van die bestes

Drie van die bestes is ’n samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en...