R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R195 (by die deur)

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.

Absa Burgersentrum

Datum(s)

3 April 2025, 14:30

Klassiek en kwêla tot tango en techno

MET Soweto String Quartet: Sandile Khemese (viool), Thamo Kemese (viool), Makhosini Mnguni (altviool) & Themba Mashobane (tjello) en ULTRACOUSTIC: Dirkie van Staden (kitaar) & Wilken Calitz (kitaar en viool)

Twee van Suid-Afrika se voorste en hoog aangeskrewe instrumentale groepe, die Soweto String Quartet en ULTRACOUSTIC span kragte en kreatiwiteit saam in hierdie lekkerluister-vertoning. Geniet ’n energieke konsert vol verwerkings en oorspronklike musiek. Verskeie genres word gehoor, waaronder Ierse, sigeuner-, kwêla-, folk, Spaans-Latynse, kontemporêre flamenco-, klassieke en populêre musiek met polsende ritme. Tot Afrikaanse wysies, klub- en die 90’s se techno-musiek word instrumentaal vertolk. Jou voete gaan jeuk en jou tone omkrul van pure lekkerte. Jy gaan hierdie magiese vertoning vir lank onthou en die teater oorbluf verlaat.

Lus vir iets anders?

Vincent: His Quest to Love and Be Loved

Vincent is ’n musiekblyspel wat met drie Naledi-pryse bekroon is. Daniel Anderson delf diep in...

Koos Doep

“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê, “maar...

Kaapse Kabaret 2.0

Leslie Kleinsmith, ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad, se...

Goue Boere, silwer tango

’n Boeiende musiekervaring wat die verrassende verbintenisse tussen boeremusiek en die Argentynse tango ondersoek. Stel...

AF