R220 (vooraf) • R200 (Vriende van die KKNK) • R240 (by die deur)

Afrikaans • Gesin • 70 min.

Absa Burgersentrum

Datum(s)

4 April 2025, 18:30

5 April 2025, 10:30

6 April 2025, 10:30

88

MET Rocco de Villiers, Coenie de Villiers en Mauritz Lotz (kitaar) TEKS, REGIE EN MUSIEK Rocco de Villiers en Coenie de Villiers PRODUKSIEHUIS CDV Market Ideation

’n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg vir die vinnige vingers van hierdie twee Suid-Afrikaanse klavier-legendes nie. Gehore het gevra, en Rocco de Villiers en Coenie de Villiers het geluister. Dié twee Viljees span hulle formidabele kragte vir die heel eerste keer in hierdie debuut saam. Hulle word op die verhoog deur Suid-Afrika se kitaarmaestro Mauritz Lotz bygestaan. Die repertoire strek van boeremusiek tot by Bach, van die blues tot by ballades. Daar is ou treffers wat spog met vars vertolkings, nuwe komposisies wat spesifiek vir hierdie produksie geskryf is, en – wag daarvoor! – splinternuwe woordkuns uit die penne van albei kunstenaars. Hul style is uiteenlopend, maar hulle deel een groot liefde: die klavier. In die proses skep hierdie musikante ’n sonderlinge, nuwe klank. “En nee,” lag Coenie. “Ontspan – ek dra nie ’n kortbroek op die verhoog nie!”

Lus vir iets anders?

Die gevlerktes

Die gevlerktes bring twee gesoute kunstenaars bymekaar vir ’n buitengewone produksie wat ’n lewende uitvoering...

Soet water uit die donker put

Een digter, een akteur, een tjello, twee kitare. Woorde, stories, gedigte in harmonie. Soet water...

Frieda van den Heever: Spoorsny

Frieda van den Heever se album Spoorsny is verlede jaar bekend gestel. Tree vir tree...

Feesmark se musiekverhoë: 2 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...