R150 (vooraf) • R130 (Vriende van die KKNK) • R170 (by die deur)

Afrikaans en Engels • Gesin • 70 min.

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

Datum(s)

1 April 2025, 17:00

2 April 2025, 14:00

CH2: Olé to Bollé

MET Corneille Hutten (kitaar) en Christiaan Jacobsz (kitaar) VERVAARDIGER Audio Monster Studio

Hierdie produksie is ’n interessante mengelmoes van die flamenco van Spanje, die moederland van die kitaar, met ’n klein bietjie Franse invloed, waar die Spaanse musiek grens aan Frankryk in die klein dorpie La Bolle. CH2 gooi ’n tikseltjie Italiaans en natuurlik ’n bietjie Afrikaans ook by. CH2 is bewese spesialiste om al hierdie style en genres saam te snoer, in ’n dinamiese uitvoering wat gehore op die punte van hul stoele laat sit. Hierdie veelbekroonde kitaarspelers het reeds wêreldwyd opgetree, en is met groot lof ontvang en staande toegejuig. Dit is ’n kitaarvertoning vir die hele gesin, met hope humor daarby.

Lus vir iets anders?

Gé sing: Hoor my lied!

Einde September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika...

Vincent: His Quest to Love and Be Loved

Vincent is ’n musiekblyspel wat met drie Naledi-pryse bekroon is. Daniel Anderson delf diep in...

Katrien, die King en die Kween

Katrien, ’n voormalige kabaretster, en haar man, Donovan, is al ’n ewigheid vasgevang in die...

De wals van de liefde

Veertig jaar nadat Jannie du Toit die eerste keer ’n Nederlandstalige liedjie op die Staatsteater...