R170 (vooraf) • R150 (Vriende van die KKNK) • R190 (by die deur)

Afrikaans • Gesin • 90 min.

Absa Studio (Banketsaal)

Datum(s)

1 April 2025, 09:30

2 April 2025, 12:30

Soet water uit die donker put

MET Koos van der Merwe, Ivan Zimmermann en Anjulie Nock (tjello) VERVAARDIGER Koos van der Merwe

Een digter, een akteur, een tjello, twee kitare. Woorde, stories, gedigte in harmonie. Soet water uit die donker put is Koos van der Merwe en Ivan Zimmermann se debuut saam op die verhoog. ’n Diepsinnige en skertsende blik op hoe alle lentes ná alle winters weer kom. Wat maak die vertoning uniek? Ivan en Koos se paaie het ’n paar jaar gelede op die Tuinroete gekruis. Deur hul liefde vir die natuur, woorde, note en skoonheid het hulle mekaar gevind. Soet water uit die donker put is ’n unieke oudiovisuele vertoning, gebore uit twee skeppende siele se sinergie. Hierdie twee gesoute kunstenaars word vergesel deur die weergalose tjellis Anjulie Nock.

Lus vir iets anders?

Gé sing: Hoor my lied!

Einde September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika...

Feesmark se musiekverhoë: 3 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

André Schwartz: Merry Krismis, Elvis  

Van kleintyd vind Jaco ’n sielsgenoot en denkbeeldige vriend in Elvis. Elvis word ’n toevlug...

Danie Reënwolf du Toit en Johan du Toit: Songs, stories en gedigte

Ná uitverkoopte vertonings in die Atterbury-teater in Pretoria, bring Danie du Toit en sy pa,...