R220 (vooraf) • R200 (Vriende van die KKNK) • R240 (by die deur)

Afrikaans en Engels • Geen o.10 T, V • 75 min.

Absa Studio (Banketsaal)

Datum(s)

1 April 2025, 20:00

4 April 2025, 16:30

5 April 2025, 20:00

Katrien, die King en die Kween

MET Elzabé Zietsman, André Schwartz en Tony Bentel (klavier) TEKS Johann Slabbert REGIE André Odendaal MUSIEK EN MUSIEKREGIE David Kramer VERHOOGBESTUURDER Jeanellé Strydom PRODUKSIEBESTUURDER Johann Slabbert VERVAARDIGER Drama Drama

Katrien, ’n voormalige kabaretster, en haar man, Donovan, is al ’n ewigheid vasgevang in die alledaagsheid van ’n dorpie sonder drome. Hul leënessindroom en ou verwyte maak hul dae lank en hul nagte stil. Wanneer die flambojante en geheimsinnige Merve onverwags uit Kaapstad opdaag en met sy klavier in die ou huis langs hulle intrek, word Katrien en Donovan se vervelige roetine op sy kop gekeer. Deur humor, nostalgie en met splinternuwe musiek van David Kramer, word die karakters gekonfronteer met hul verlore drome, wankelende huwelik en die moontlikheid van nuwe hoop.

Elzabé Zietsman het Johann Slabbert gevra om ’n kabaret te skryf waarmee sy kan hulde bring aan David Kramer se liedjies. Nadat Kramer die storie gelees het, het hy voorgestel dat hierdie storie en sy karakters ’n “mini-musical” word waarvoor hy die musiek sal skryf. En so is Katrien, die King en die Kween gebore.

Lus vir iets anders?

Goue Boere, silwer tango

’n Boeiende musiekervaring wat die verrassende verbintenisse tussen boeremusiek en die Argentynse tango ondersoek. Stel...

Feesmark se musiekverhoë: 2 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

Soet water uit die donker put

Een digter, een akteur, een tjello, twee kitare. Woorde, stories, gedigte in harmonie. Soet water...

Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder

Die verhaal van die ongelooflike reis van ’n weeskind. Isabella Dolorosa van Tonder, deur haar...

AF