Om iets wat kosbaar is te verloor – jou gesondheid, jou jeug, ’n geliefde, ’n gemeenskap – laat ’n mens -LOOS; sonder dit wat jy verloor het, dalk ook weerLOOS, rigtingLOOS, selfs hopeLOOS. Soveel van ons grootste digters worstel ook met verlies. Tog word daardie worstelinge omvorm tot grootse skeppings. Werke wat die loosheid aanspreek, maar ook die skoonheid van dit wat eens daar was. Die teks is saamgestel uit werk van onder andere Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers, Barend Toerien en Sheila Cussons, met vertolkings deur Joanie Combrink en toonsettings deur Laurinda Hofmeyr. Vers, lied en musiek word aangebied as ’n deurlopende stroom wat die gehoor blootstel aan ’n smeltkroes van gevoelens, van vrese maar ook bevrydende gedagtes.