R210 (vooraf) • R195 (Vriende van die KKNK) • R225 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.10 OB • 60 min.

Absa Studio (Banketsaal)

Datum(s)

4 April 2025, 10:30

5 April 2025, 16:30

6 April 2025, 17:00

-LOOS

MET Joanie Combrink en Laurinda Hofmeyr REGIE EN SAMESTELLER Libby Daniels MUSIEK Laurinda Hofmeyr VERHOOG- EN PRODUKSIEBESTUURDER Anna Davel

’n Ko-produksie van Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees.

Om iets wat kosbaar is te verloor – jou gesondheid, jou jeug, ’n geliefde, ’n gemeenskap – laat ’n mens -LOOS; sonder dit wat jy verloor het, dalk ook weerLOOS, rigtingLOOS, selfs hopeLOOS. Soveel van ons grootste digters worstel ook met verlies. Tog word daardie worstelinge omvorm tot grootse skeppings. Werke wat die loosheid aanspreek, maar ook die skoonheid van dit wat eens daar was. Die teks is saamgestel uit werk van onder andere Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers, Barend Toerien en Sheila Cussons, met vertolkings deur Joanie Combrink en toonsettings deur Laurinda Hofmeyr. Vers, lied en musiek word aangebied as ’n deurlopende stroom wat die gehoor blootstel aan ’n smeltkroes van gevoelens, van vrese maar ook bevrydende gedagtes.

Lus vir iets anders?

Die Ses Snare van ouds

Die groep Ses Snare speel ná baie jare weer by die KKNK – hierdie keer...

beHOORNlik

Hier is ’n ding aanie komme! ’n BeHOORNlike ding. Iets so beHOORNlik soos die daarwees...

Vincent: His Quest to Love and Be Loved

Vincent is ’n musiekblyspel wat met drie Naledi-pryse bekroon is. Daniel Anderson delf diep in...

Soet water uit die donker put

Een digter, een akteur, een tjello, twee kitare. Woorde, stories, gedigte in harmonie. Soet water...