Gratis

Gesin • 540 min.

Prince Vintcent-gebou

Datum(s)

1 April 2025, 09:00

2 April 2025, 09:00

3 April 2025, 09:00

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 09:00

Botterblomprojek

Frances V.H Mohair is ’n vrouegedrewe tekstielateljee in Prins Albert. Frances van Hasselt is ’n ontwerper en entrepreneur wat fokus op die ontwikkeling van sybokhaartekstiel in Suid-Afrika. As ’n boorling van ’n angoraplaas in die Karoo, het Van Hasselt ’n diep liefde vir hierdie natuurlike vesel. Sy werk nou saam met ’n groep kunsvlytkunstenaars in die Karoo en weef stories rondom die oorsprong van hierdie tekstiel, met die natuurlike omgewing wat elke aspek van die ontwerp en skepproses inspireer.

Die Prins Albert Community Trust (PACT) het die ateljee in 2024 genooi om die deelnemende kunstenaar te wees van die Journey to Jazz-fees. Die fees samel geld in vir PACT om hul werksaamhede en positiewe impak uit te brei in die gemeenskappe in Prins Albert, Leeu-Gamka en Klaarstroom. Die ateljee het ’n versameling werke geskep wat die daaglikse ervarings van die mense van die omgewing uitbeeld, dit wat die gees van “tuiste” vasvang.

Die vroue wat hierdie tekstielskeppings maak, span die besondere natuurlike vesel in om hulde te bring aan die plante, die krake, die kleure en die mense wat deel is van “elke dag se goed”. Vasgevang in hul skeppings en die tekstiel is iets van hoe die Karoo ruik, klink en voel.

Die PACT-sentrum is geleë in Botterblomstraat in Noordeinde, waar meeste inwoners van die dorp woon. Dit is waar die musiek opklink. Dit is ook waar meeste van die kunsvlytskeppers woon.

’n Tapisserie is geskep vir elke huis in Botterblomstraat. Die Botterblomprojek is tekenend van die kosbare oomblikke wat van ‘n huis ’n tuiste maak.

Lus vir iets anders?

Rond en bont: Skeepsvraghouers

Die Kaapse kunstenaar Kilmany-Jo Liversage het ’n monumentale, uitdrukkingsvolle kunswerk op twee skeepsvraghouers geskep. Hierdie...

Bottega Kunsgalery en Ramers

Besoek ons vir ’n keurversameling kuns met ’n verskeidenheid bekende kunstenaars. Kom geniet die kuns...

Drentel saam deur ‘Diepe grond’: Aan wie behoort die buitelug?

Liza Grobler, die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns, tree daagliks om 11:00 in...

Absa L’Atelier Gerard Sekoto: ’n Terugskouende uitstalling van 20 jaar van uitnemendheid

In 2024 was dit die 20ste verjaardag van die Absa L’Atelier Gerard Sekoto-prys. Ter viering...