Gratis

Gesin • 540 min.

Prince Vintcent-gebou

Datum(s)

1 April 2025, 09:00

2 April 2025, 09:00

3 April 2025, 09:00

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 09:00

Die bloekomboom-projek

MET Henk Serfontein en Hannah Loewenthal

Ondersteun deur die Vita-groep.

Die bloekomboom-projek is ’n gemeenskapsprojek wat tekenkuns en dans kombineer in slypskole vir kinders van ses tot 12 jaar oud. Dit word aangebied deur Henk Serfontein (kunstenaar) en Hannah Loewenthal (danser) en is begin as ’n ondersoek na die aansluitingspunte in hul eie onderskeie kunspraktyke. 

Die slypskole is ontwikkel in samewerking met ’n kindersielkundige en oorspronklik aangebied vir ’n groep kinders van Huis Andrew Murray, by die Breytenbach-sentrum in Wellington. Daar word in die projek ruimte gelaat om kinders met spesiale behoeftes te betrek. Dit sluit kinders in wat gediagnoseer is met fetale alkoholsindroom. Die twee aanbieders deel ’n belangstelling in die transformerende aard van die teken- en dansproses en die voordele wat dit vir kinders met spesiale behoeftes inhou.

Hierdie interdissiplinêre proses begin dikwels met bewegingsoefeninge rondom die kind se eie liggaam ten einde ’n bewussyn van die self en selfuitdrukking aan te moedig. Die natuur en die onmiddellike omgewing van die kind word dikwels as temas verken binne ’n veilige en ondersteunende ruimte.

Tydens die fees word die gesamentlike tekeninge van enkele slypskole uitgestal. Plaaslike skole neem deel en aansluitend hierby bied ’n reeks foto’s, wat die proses van die slypskole dokumenteer, die kyker toegang tot die betowerende impak van hierdie kreatiewe ontdekkingsreis.

Lus vir iets anders?

Argief

Argief, saamgestel uit die Karoo Kaarte-projekargief, het tydens die KKNK in 2024 geopen. Die uitstalling...

Optrede deur Johan Thom

As deel van Time After Time (2023), sy installasie met ’n roterende baksteen en skedel,...

Ontmoet die feeskunstenaar, Henk Serfontein

Liza Grobler, die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns, tree daagliks om 11:00 in...

Friends & I

’n Uitstalling van ons reis na behoort, deur kleur. Ons is ’n groep vriende van...