Gratis

Gesin • 540 min.

Ingangsbrug vanaf George na Oudtshoorn

Datum(s)

1 April 2025, 09:00

2 April 2025, 09:00

3 April 2025, 09:00

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 09:00

Rond en bont: Die brug

MET Norman O’Flynn, in samewerking met gr. 10 tot gr. 12-kunsleerlinge van Hoërskool Oudtshoorn

Die ingangsbrug vanaf George na Oudtshoorn (Langenhovenweg) word omskep in ’n kleurvolle baken. Hierdie permanente plekspesifieke werk strek oor 40 m aan beide kante van die pad. Die werk is geskep deur Norman O’Flynn, in samewerking met gr. 10- tot gr. 12-kunsleerlinge van Hoërskool Oudtshoorn.

O’Flynn is sedert 2021 ’n inwoner van Oudtshoorn en is bekend vir sy skilderye op akrielglas en sy beeldhouwerke in marmer en klip. Hy het al groot projekte aangepak in Beiroet, Egipte, Australië, Zambië, die Verenigde Koninkryk en Italië. Hy kombineer dikwels elemente uit die kunsgeskiedenis met popkultuur, van boektitels en lirieke tot tatoeëermerke.

Vir hierdie projek getiteld FUTURE VISION het O’Flynn en die tieners van Hoërskool Oudtshoorn ’n aantal oë op die hele brug geverf om motoriste en voetgangers te herinner dat hul oë altyd oop moet wees – om bewus te bly van hul omgewing en die landskap waardeur hulle beweeg en waarin hulle leef.

Lus vir iets anders?

GO Kunstenaarsverblyf

Vanjaar lui die KKNK sy plaaslike kunstenaarsverblyf in: Vier Suid-Afrikaanse kunstenaars het elkeen sowat twee...

Kiki

Hierdie uitstalling nooi besoekers om die ryk queer-geskiedenis van Suid-Afrika te verken, deur ’n versameling...

Diepe grond-kunsuitstallings open

’n Stofkorrel van die kurator Vanjaar se visuele kunste-aanbieding beskik oor iets van die teatrale...

Genesis

Die roeping. 072 502 3232 • austanclaassen@gmail.com Instagram: austan.claassen

...