Gratis

Gesin • 540 min.

Prince Vintcent-gebou

Datum(s)

1 April 2025, 09:00

2 April 2025, 09:00

3 April 2025, 09:00

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 09:00

GO Kunstenaarsverblyf

Vanjaar lui die KKNK sy plaaslike kunstenaarsverblyf in: Vier Suid-Afrikaanse kunstenaars het elkeen sowat twee weke op Oudtshoorn deurgebring om hulself te verdiep in die besonderse teksture, strukture en omgewing van die Klein Karoo. Kunswerke is geskep wat regstreeks deur die fisieke landskap en die mense van die streek beïnvloed is.

Hierdie kunstenaars was nog nooit vantevore op Oudtshoorn nie en die verblyf is enersyds ’n poging om verhoudings te bou en andersyds ’n manier om die rykheid van hierdie streek op ’n besondere en persoonlike manier met individuele kunstenaars te deel. Van die werke van Wonder Marthinus, Seretse Moletsane, Alka Dass en Kamyar Bineshtarigh wat spruit uit hul verblyf, sal as deel van die fees se uitstalling te sien wees.

In Maart 2025 keer Sonia Martins Mateus terug van Frankryk om vir twee maande op Oudtshoorn te werk nadat sy tydens ’n kort besoek in 2023 totaal verlief geraak het op die landskap van die omgewing. Sy open ook die Diepe grond-feesuitstalling.

Lus vir iets anders?

Gemeenskapsprojekte in die Karoo en die mense waaruit dit bestaan

Liza Grobler, die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns, tree daagliks om 11:00 in...

Rond en bont: Skeepsvraghouers

Die Kaapse kunstenaar Kilmany-Jo Liversage het ’n monumentale, uitdrukkingsvolle kunswerk op twee skeepsvraghouers geskep. Hierdie...

Optrede deur Johan Thom

As deel van Time After Time (2023), sy installasie met ’n roterende baksteen en skedel,...

Visuele kuns: Soek en vind die skatte tussen kunswerke

Hierdie interaktiewe skattejag vir kinders onder 12 jaar bied aan die jongspan ’n geleentheid om...

AF