Gratis

Gesin • 540 min.

Prince Vintcent-gebou

Datum(s)

1 April 2025, 09:00

2 April 2025, 09:00

3 April 2025, 09:00

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 09:00

GO Kunstenaarsverblyf

Vanjaar lui die KKNK sy plaaslike kunstenaarsverblyf in: Vier Suid-Afrikaanse kunstenaars het elkeen sowat twee weke op Oudtshoorn deurgebring om hulself te verdiep in die besonderse teksture, strukture en omgewing van die Klein Karoo. Kunswerke is geskep wat regstreeks deur die fisieke landskap en die mense van die streek beïnvloed is.

Hierdie kunstenaars was nog nooit vantevore op Oudtshoorn nie en die verblyf is enersyds ’n poging om verhoudings te bou en andersyds ’n manier om die rykheid van hierdie streek op ’n besondere en persoonlike manier met individuele kunstenaars te deel. Van die werke van Wonder Marthinus, Seretse Moletsane, Alka Dass en Kamyar Bineshtarigh wat spruit uit hul verblyf, sal as deel van die fees se uitstalling te sien wees.

In Maart 2025 keer Sonia Martins Mateus terug van Frankryk om vir twee maande op Oudtshoorn te werk nadat sy tydens ’n kort besoek in 2023 totaal verlief geraak het op die landskap van die omgewing. Sy open ook die Diepe grond-feesuitstalling.

Lus vir iets anders?

Lisl Barry Open Studio: Short Stories from a Larger Tale

Sluit aan by plaaslike kunstenaar Lisl Barry in Haar natuurlike habitat. Hierdie nuwe versameling Kunswerke...

Botterblomprojek

Frances V.H Mohair is ’n vrouegedrewe tekstielateljee in Prins Albert. Frances van Hasselt is ’n...

Ontmoet die feeskunstenaar, Henk Serfontein

Liza Grobler, die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns, tree daagliks om 11:00 in...

Rond en bont: Die polisiekantoor

Lien Botha is welbekend vir haar subtiele fotografiese werk wat dikwels die omliggende landskap betrek....