Soms as dit by verhoudings kom, vertel ’n mens eintlik maar net verskillende weergawes van dieselfde storie. Vyf minute voor middernag fokus op die tussen-in-oomblikke wat ’n verhouding maak of breek. En so bekend soos die storie aanvanklik mag klink, is dit die gehoor wat die tydlyn van die paartjie se storie bepaal. Voor die begin van elke vertoning vind beide die akteurs en gehoor saam uit wat die volgorde van die tonele gaan wees.