Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

1 April 2025, 12:00

Die Bondelswarts van Namaland

MET Jeremy Vearey GESPREKSLEIER Kirby van der Merwe              

In die epiese oorlogsroman Rooisand vertel die voormalige baasspeurder Jeremy Vearey die verhaal van Dirk Aruseb wat as 17-jarige uit die weeshuis gehaal is om by die Bondelswarts aan te sluit. Dirk kon nie wag om saam met kapt. Jakob Marengo die Schutztruppe te verower nie, maar by Schansvlakte, diep in Namaland, begin die eerste van sy lewenslesse: Wees nederig, wees geduldig, wees genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal. Vearey se eerste roman speel af van 1904 tot 1922, toe duisende Bondelswarts oplaas deur Jan Smuts se vegvliegtuie uitgedelg is. Die storie strek van Tsumeb tot Upington, van Windhuk se interneringskampe tot die droë rivierlope van die skeurvallei van die Visrivier. En Dirk leer dat die vryheidstryd vir die Bondelswarts oor meer gaan as net ’n bloedsgevoelte vir Namaland, die gelofteland wat ten alle koste beskerm moet word.

Lus vir iets anders?

Tannie Maria’s Recipes to Die Live For

Tannie Maria, almal se gunsteling-amateurspeurder en troostante, het uiteindelik gehoor gegee aan versoeke van haar...

Spannende misdaadrillers van die Suid-Kaap tot in Hongarye

In Chris Karsten se jongste boek, Die keiser se duim, is twee private ondersoekers, Ella...

Is ons universiteite rats genoeg om by te bly en te lei?

Skuif vir ’n oomblik die politiek by universiteite opsy en kom ons fokus op die...

Om die tafel: Die hartklop van die huis

Kom geniet ’n lipleklekker middagete saam met kulinêre voorligter en smaakmaker Elmarie Berry, skrywer van...

AF