Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

4 April 2025, 12:00

Spannende misdaadrillers van die Suid-Kaap tot in Hongarye

MET Chris Karsten en Constant van der Merwe GESPREKSLEIER Stefaans Coetzee  

In Chris Karsten se jongste boek, Die keiser se duim, is twee private ondersoekers, Ella Neser en Lou Pepler, onderskeidelik op pad na België (romantiese redes) en Hongarye (om twee vermiste wynboere op te spoor). Iewers duskant die Donaurivier regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser. En dié kant van die Donau waak Kasca die Eend, ná etlike jare steeds op soek na sy liewe sus sodat Mamsie vir eens en vir altyd tot rus kan kom. In Constant van der Merwe se Ontvoer sien die oudpolisieman George Ekermans hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word. Hy sit die ontvoerder onmiddellik agterna, maar die man en die meisie verdwyn die nag in en al leidraad is ’n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het. . .

Lus vir iets anders?

Dr. Pieter Groenewald praat oor hoe hy korrektiewe dienste regruk

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het die warm patat gekry om ons...

Van verwerping tot genesing

In sy boek Boytjie skryf die televisieaanbieder Johnny Davids oor hoe sy ma hom as...

Broken to Heal

Veertig jaar lank het die vermaaklikheidskunstenaar Alistair Izobell verhoë aan die brand gedans en vir...

Plaaslike verkiesings: Dis nou maak of breek

Volgende jaar se plaaslike verkiesings is waarskynlik die belangrikste in ons land se demokratiese geskiedenis....