Deur drama, humor en satire het Suid-Afrikaanse kunstenaars die land se kompleksiteite oor dekades heen verwerk. In hierdie gesprek lei Netwerk24 se Mia Spies ‘n gesprek met Frank Opperman, Dean Smith en Marianne Thamm oor hoe hulle die kunste gebruik om sin te maak van die verlede, die Suid-Afrika waarin ons vandag leef en ook waarheen ons op pad is – en dit terwyl hulle self daardie waarheid moet beleef en oorleef.